Keiser Elon is kaal sonder sy ruimtepak

SOSIALE MEDIA

Keiser Elon is kaal sonder sy ruimtepak

In ’n nuwe boek oor Elon Musk se reis met Twitter/X, beskryf Kate Conger en Ryan Mac vir Musk as ’n uitvoerende hoof wat homself as ’n koning sien, eerder as ’n amptenaar wat in die Sokratiese tradisie lei, soos in meeste ander groot maatskappye. ALI VAN WYK het die skreiende verhaal gelees.

AS jy gedink het dis ’n spanningsvolle affêre om ’n tweedehandse motor privaat te gaan koop by ’n onbekende javel in Kuilsrivier, het jy duidelik nog nie gesien hoe dit lyk as ’n paranoïese ruimte-entrepreneur en sy weermag van ingenieurs en prokureurs ’n sosialemediaplatform tydens ’n Halloween-partytjie in die Twitter-kantore in San Fran gaan oorneem terwyl die $44 biljoen koopbedrag nog nie oorgedra is nie.

Dis chaos. Chaos. En dit weerspieël omtrent alles anders in die komplekse leef- en werkwêreld van ’n figuur soos Elon Musk. Hoe meer jy oor hierdie soort mense lees, hoe meer besef jy dat die genialiteit wat ons aan mense soos Musk toeskryf, nie noodwendig hulle slim idees omvat nie.

Hulle genialiteit lê daarin dat hulle die supermag het om hulle idees konsekwent binne-in die chaos af te dwing, en die supermag kan enigiets wees van charisma en oortuigingsvermoë tot intimidasievermoë, psigopatiese versteurings, hipnotiese persoonlike styl, reusebedrae omkoopgeld, en so kan mens aangaan. Meriete speel ’n rol, maar glad nie so beduidend soos wat mense soos Musk jou sal wysmaak nie. ’n Ego wat jou oortuig dat sy behoeftes prioriteit geniet bo enige konvensie of reëls wat vir ander mense geld, is ’n goeie beginpunt...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.