GOEDKOOP KRAG
South32 se (nuwe) geheime transaksie met Eskom van binne gesien
Terwyl Suid-Afrikaners swaar dra aan nog 'n dubbelsyfer-verhoging in kragpryse, het Eskom 'n nuwe prysooreenkoms aangegaan met sy enkele grootste nywerheidsverbruiker – die mynreus South32. En die nutsmaatskappy, ondanks sy belofte van 'n nuwe era van deursigtigheid, veg om dit geheim te hou, skryf MICHAEL MARCHANT van Currency. (Lees dit by currencynews.co.za.)

Deel
SOUTH32, met sy hoofkwartier in Australië, besit en bedryf die grootste aluminiumsmelter in die suidelike halfrond, Hillside in Richardsbaai. Hillside, wat verlede jaar 719 000 ton aluminium vervaardig het, is die enkele grootste industriële verbruiker van elektrisiteit, en verantwoordelik vir meer as 5% van Eskom se totale elektrisiteitsverkope – meer as 10 TWh per jaar.
Die smelter was omstrede sedert beurtkrag in 2007 begin het, nie net omdat dit groot hoeveelhede elektrisiteit teen uitermatig diep gesubsidieerde tariewe verbruik nie (meer hieroor later), maar ook omdat dit veel minder – indien enige – beurtkrag ondervind het.
En hoewel Hillside werk geskep het, verlaat die meeste van South32 se wins Suid-Afrika, saam met baie van die vervaardigde produk. Verlede jaar was Hillside die grootste inkomstebron vir South32 en het dit $1,8 biljoen (R34 biljoen) van $9 biljoen se inkomste bygedra...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Tien redes waarom Eskom weer werk
6 maniere om ons SOE’s reg te ruk
Ons het krag – en sommer weer hoop ook
Suid-Afrika se nuwe kernkrag-renaissance
Elektrisiteitskrisis in die Eerste Wêreld
Die staat moet bestee, nie beursies toeknyp
Wat Cyril vir sakemense gesê het
Deel
-
Deel