Lank lewe die RNE – maar maak ons veilig en lewer basiese dienste

KNELPUNTE STEEDS DAAR

Lank lewe die RNE – maar maak ons veilig en lewer basiese dienste

Die regering van nasionale eenheid het die land tydelik gestabiliseer, maar verrottende plaaslike regering en hoë misdaad kan alles laat uitrafel, meen MAX DU PREEZ.

'n MENS kan dit as 'n feit konstateer dat Suid-Afrika onder die regering van nasionale eenheid (RNE) aansienlik beter daaraan toe is as wat dit sou gewees het as die ANC ná die Mei-verkiesing alleen verder regeer het.

Maar die RNEforie van die burgery en die sakegemeenskap loop die gevaar om dieselfde pad as die Ramaphorie van 2018 te stap as die twee fasette van regering wat gewone burgers die heel nouste en onmiddelikste raak, nie binnekort drasties verbeter nie: die steeds verkrummelende plaaslike regerings en misdaad, oftewel burgers se veiligheid.

Misdaadsindikate, die chaotiese en gewelddadige onwettige mynbedrywighede en die konstruksiemafia wat ontwikkeling van infrastruktuur vertraag, het tydens Cyril Ramaphosa se presidentskap vanaf 2018 aansienlik gegroei, al is formele staatskaping self grootliks gestuit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.