Piet en Helen gesels oor swart leierskap en ras-dogma
CRT ONDER DIE LOEP

PIET CROUCAMP skryf oor sy gesprek met Helen Zille wat die DA se probleme met swart leiers wat dros toeskryf aan die oorheersing van kritiese rasteorie. Hy reken sy het dit mis, dis eerder dat hulle soms nie die mas opkom nie. Maar hy meen ook dat sistemiese rassisme in Amerika en apartheid nie dieselfde verskynsels is nie.
EK sê dikwels vir my studente dat in die akademie, meer as in die gewone omgang, woorde baie spesifieke betekenisse het. Ons soek voortdurend na 'n konsensus of 'n kompromie oor wat woorde sou beteken sodat die moeilike gesprekke nie in konseptuele verskille vasval nie. Dit is ook waarom akademici soms neig om die eenvoudigste storie met sulke hoogdrawende, oënskynlik pretensieuse retoriek te vertel.
So het akademici, ná jare se geredekawel, 'n beduidende konsensus oor wat die woorde hegemonie (sistemiese gesag) en regime (stelsel vasgelê in spesifieke waardes) beteken; dit is woorde wat selde in dag-tot-dag-gesprekke gebruik word. As jy praat van jou vrou se ordelike regime wat betref julle gemeenskaplike sakebelange en haar hegemonie wat julle persoonlike geldsake betref, is die duiwel los en word jy daarvan beskuldig dat jy pretensieuse terme gebruik met die doel om te verwar eerder as om begrip te bevorder. Goeie begrip is in eenvoud gebore, beweer my joernalisvriend Foeta Krige se strydgenootvrou, Madelaine Page. Maar, soos Winston Churchill blykbaar in wysheid gesê het: “In die akademie is die stryd so fel, want wat op die spel is, is so niksseggend."
Wat beteken demokrasie?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Los tog maar die politieke etikette
Ons soeke eindig nie by die Weste nie
Hallo. My naam is Max. Ek is woke
‘University of Anti-Woke’, of eintlik net wat ’n...
Iewers tussen woke en anti-woke
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.