Black Lives Matter – solank hulle net nie van Afrika is nie

DIE HEL VAN SOEDAN

Black Lives Matter – solank hulle net nie van Afrika is nie

Terwyl die wêreld paniekerig raak en stres oor Oekraïne en Gaza, is nog 'n verwoestende burgeroorlog besig om Soedan in puin te lê. Maar dit lyk asof die internasionale gemeenskap bloot wegkyk wanneer Afrika ter sprake is, skryf PIET CROUCAMP.

KOM ek matig my aan: Die meeste van julle weet niks van en gee ook nie 'n blou duit om oor die bloedbad wat tans in Soedan plaasvind nie. Die massa-bloedvergieting daar kan julle nie skeel nie. Black lives matter, ja, behalwe as dit die lewens van mense in Afrika is. Oorloë in die Midde-Ooste is julle politieke speelveld en julle is bekommerd oor die waarskynlikheid dat Rusland kernwapens kan gebruik in die stryd teen die Oekraïne, maar enige massa-menseregteskendings in Afrika regverdig niks meer as 'n terloopse verwysing nie en is polities vervelig.

Toe Soedan se massamoordenaar, Omar al-Bashir, in Junie 2015 die AU-beraad in Johannesburg bygewoon het – onder die bekerming van pres. Jacob Zuma – was baie Suid-Afrikaners vervul met loutere woede, nie vir Bashir nie, maar vir Zuma weens sy ontering van die Statuut van Rome waarvolgens Bashir gearresteer moes gewees het. Ons was meer behep met ons wrewel in Zuma as die menseregteskendings in Soedan. Stel jou die drama voor indien Benjamin Netanyahu Suid-Afrika sou besoek.

Dubbele standaarde..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.