Politieke Notaboek | ’n Mini-burgeroorlog as Trump op 5...

KYK EN BESLUIT SELF

Politieke Notaboek | ’n Mini-burgeroorlog as Trump op 5 November verloor?

MAX DU PREEZ skryf oor Joe Biden se voorliefde vir die f-bom en wonder of Roelf Meyer en Cyril Ramaphosa dalk Washington toe moet vlieg om vrede te maak as Donald Trump die verkiesing verloor.

DIE man wat dié week met skuim om die mond verklaar het dat van sy landgenote, sy politieke teenstanders, ’n groter bedreiging vir die VSA as Rusland of China is en dat die weermag op hulle losgelaat behoort te word, het 18 dae voor die verkiesing steeds ’n 50/50-kans om president te word.

Meningspeilings verskil effens, maar almal dui steeds op ’n gelykop stryd tussen Donald Trump en Kamala Harris. Dit geld ook die sogenaamde battleground states: Sy is dalk net-net voor in Wisconsin, Michigan, Pennsylvania en Nevada, maar hy is geriefliker voor in Noord-Carolina, Arizona en Georgia.

Dit is nou die Trump wat steeds teen elke greintjie getuienis volhou dat hy die verkiesing teen Joe Biden gewen het en ’n gewelddadige aanval op die nasionale wetgewer aangehits het om die bevestiging van die verkiesingsuitslag ongedaan te maak. Baie van dié geweldenaars is in die tronk, maar Trump sê hy gaan hulle dadelik vrylaat as hy verkies word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.