‘Let’s go for a ride’: Suid-Afrika se groeiende ontvoeringsplaag

MISDAADTENDENS

‘Let’s go for a ride’: Suid-Afrika se groeiende ontvoeringsplaag

Dit was nie die eerste vindingryke bankrower wat die groot misdaadprobleem geskep het nie. So ook nie die eerste motorkaper in Suid-Afrika of die eerste ontvoerders nie. Dit was die na-apers wat dit 'n reusekwessie gemaak het. ALI VAN WYK praat met die kenners.

DIT is ’n betekenisvolle oomblik in die ontwikkeling van ’n nasie wanneer gewone burgers die teiken van georganiseerde misdaad word. Selfs al is dit net ’n persepsie.

As treine in Kaapstad se stasie afgebrand word, kan sommige van ons nie by die werk uitkom nie, of mense wat vir ons werk kan nie by ons uitkom nie. Ons weet ons is slagoffers, maar ons weet ook ons is nie die primêre slagoffer van die misdaad nie.

Wanneer iemand in ons buurt wat ons ken, op straat gegryp word, ontvoer word, en ’n losprys by die familie geëis word, weet ons dit kan heel moontlik met ons ook gebeur. Ons voel ’n deel van ons lot is uitgelewer aan ’n gemotiveerde, kragtige en donker hand wat onder die oppervlak beweeg. Daardie bende het vir een van ons gekom – die ontvoerde is nie bloot deur ’n opslagkoeël getref nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.