Pikitup: Vullisblik vir verslae oor korrupsie

PLAASLIKE REGERINGSGEMORS

Pikitup: Vullisblik vir verslae oor korrupsie

Die verslae van forensiese ondersoeke is beskikbaar wat die korrupsie en wanbestuur by eenhede soos Johannesburg se vullisverwydering-maatskappy, Pikitup, ten volle ontbloot. Maar PIET CROUCAMP sê hulle word verdoesel deur dieselfde netwerke wat in die eerste plek vir die gemors verantwoordelik is.

VERSKEIE nieregeringsorganisasies in Suid-Afrika het al groot gewag gemaak van forensiese ondersoeke na swak finansiële bestuur en korrupsie wat iewers in vergetelheid sonder glans verdwyn en dan burokrate en politici toelaat om verantwoordbaarheid te vermy. AfriForum se private vervolgingseenheid het onlangs heeltemal tereg die bewering gemaak dat Panyaza Lesufi en die provinsiale ANC hierdie tipe ondersoeke op ’n kriminele wyse onder ’n maatemmer insleep, maar die werklikheid is dat dit op byna elke vlak van regering gebeur.

Ek het dit vandag oor twee verslae wat korrupsie en wanbestuur in Johannesburg oopgevlek het sonder dat enige amptenaar verantwoordelik gehou is, maar ongelukkig is dié verskynsel die norm en nie die uitsondering nie.

Tans kou Johannesburgers hulle naels oor die waarskynlikheid dat die stad se krane finaal kan opdroog. Om die waarheid te sê, die meeste van ons het reeds soggens  waterbeperkings en soms ook saans. Maar, dit is net één van die redes hoekom Johannesburg besig is om plek-plek die estetika van ’n stortingsterrein aan te neem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.