Gauteng probeer net kop bo water hou – as dit daar is

NUWE NAVORSING

Gauteng probeer net kop bo water hou – as dit daar is

’n Nuwe opname toon dat die lewe in Gauteng al hoe moeiliker word. Die meeste mense het nie die keuse om op te pak en te trek nie, en probeer net om deur die storm te kom.

  • 29 Oktober 2024
  • Nuus & Politiek
  • 7 min om te lees
  • Christian Hamman en Rashid Seedat

DIE Gautengse stadstreek, wat al lank Suid-Afrika se ekonomiese enjin is, gaan agteruit. Die streek lewer sowat 35% van die land se totale ekonomiese uitset ((https:/www.engineeringnews.co.za/article/a-path-to-prosperity-leading-south-africas-economic-renaissance-2024-08-01#:%7E:text=Gauteng%20is%20the%20%E2%80%9Cleading%20financial,development%20in%20Africa%20and%20beyond.), en is die tuiste van meer as 15 miljoen (https://www.statssa.gov.za/?s=gauteng+population&pg=2) mense, sowat 25% van die land se bevolking van 62 miljoen (https://www.statssa.gov.za/?p=16711).

Baie het van heinde en ver gekom in die hoop om dit “te maak” in die provinsie met die beste kanse. Daarenteen stel beide die media en die publiek kritiese vrae oor sy toekoms te midde van vervalle infrastruktuur (https://www.parliament.gov.za/storage/app/media/Pages/2024/05-09-2024_Provincial_Week_2024/gauteng/17-09/Gauteng_Premier_P_Lesufi_Report_on_Incomplete_Infrastructure_Portfolio.pdf), swak lewering van basiese regeringsdienste, en 'n bestendige toename in geweldsmisdaad (https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2024-03-12-murder-rate-worsens-in-gauteng-with-1787-people-killed-in-three-months-55-of-them-children/).

Uit nuwe navorsing (https://gcro.ac.za/qol7/) deur die Gauteng City Region Observatory (https://www.gcro.ac.za/) (GCRO) blyk dit dat ontwikkelingsuitkomste in die provinsie aan die afneem is. Die GCRO is 'n onafhanklike instituut wat navorsing en ontleding produseer om besluitneming en beleid in die Gautengse stadstreek te onderskraag. Dit is 'n vennootskap tussen die Gautengse provinsiale regering, die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Johannesburg en georganiseerde plaaslike regering (Salga-Gauteng (https://www.salga.org.za/About%20Us%20GO.html))...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.