Die bevrydingsparty se struggle gaan nou oor sy presidentskap

MAGSTRYD IN DIE ANC

Die bevrydingsparty se struggle gaan nou oor sy presidentskap

Ramaphosa het sy eie politieke reputasie op die regering van nasionale eenheid verwed, maar sy party se leierskapstryd is slegte nuus vir hom – en vir die RNE se voortbestaan op langer termyn, skryf PIET CROUCAMP.

IN ’n O.R. Tambo-gedenklesing op 27 Oktober herhaal ANC-president Cyril Ramaphosa ’n politieke eerlikheid wat sommige van sy kamerade nie wil hoor nie, maar wat nogmaals wys daar is oomblikke wanneer die integriteit van sy begrip sonder twyfel is. Dié toespraak van Ramaphosa is vir my een van sy eerlikste pogings om die verraad van die ANC jeens die bevrydingstryd aan te spreek. Daar is ontsaglike oortuiging in die toespraak. In die hipotetiese teenwoordigheid van die ANC se voorvaders gebruik Cyril die Tambo-gedenklesing om ’n skrywe met poëtiese waarde, ’n smeekgebed, aan sy kollegas binne die ANC te rig.

Hy stel dit so: “Even as the GNU [government of national unity] led by the ANC continues to make progress on charting a new course for our country’s development, the electoral outcome put in the starkest of terms what we must all acknowledge. Africa’s oldest liberation movement, the movement of John Langalibalele Dube and Chief Albert Luthuli, of Oliver Tambo, Lilian Ngoyi and Nelson Mandela, is facing severe challenges.

“We cannot but put this plainly. Support for the ANC has declined. Our mandate to govern has grown narrower. The trust deficit between us and the people has widened. The ANC is facing a crisis of authority, of legitimacy and of trust.” Die eskatologiese werklikheid dat goeie dade alleen nie die ANC sal red van mens en God se oordeel nie, loop soos ’n fyn besnede herinnering deur die toespraak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.