Hoe die Amerikaners se kieskollege werk

AMERIKAANSE PRESIDENTSVERKIESING

Hoe die Amerikaners se kieskollege werk

In 2016 het Donald Trump duisende minder stemme as Hillary Clinton gekry, maar hy het steeds die president van Amerika geword. Suid-Afrikaners sukkel om dit te verstaan. JAN-JAN JOUBERT verduidelik dié eienaardige proses.

DIE belangrikste ding wat ’n mens oor die Amerikaanse kiesstelsel moet verstaan, is dat die VSA ’n federasie is van 50 verskillende deelstate waar elke staat vir sigself besluit wie dit as president wil hê. Die tweede belangrikste ding om te onthou is dat letterlik duisende verkiesings, elkeen afsonderlik in ’n afgebakende geografiese gebied, gelyktydig plaasvind, waar alles van skoolrade tot sheriffs verkies word.

Vir die doel van die 2024-verkiesing Dinsdag konsentreer ons op vier stelle verkiesings, te wete die presidentsverkiesing, Senaatsverkiesing, verkiesing van die Huis van Verteenwoordigers en goewerneursverkiesings.

Die presidentsverkiesing vind vanjaar plaas tussen Kamala Harris van die Demokrate en Donald Trump van die Republikeine. Daar is ander kandidate, maar hulle sal byna geen stemme kry nie. Tans is die president ’n Demokraat. Die vreemde ding van hierdie demokrasie, die VSA, is dat die kandidaat wat die meeste stemme kry, nie noodwendig die president word nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.