Dis nie net Trump wat lieg nie

SIELKUNDE VAN DIE LEUEN

Dis nie net Trump wat lieg nie

ALI VAN WYK wonder hoe redelike en goeie voormalige vriende so ver ideologies van ’n mens kan wegdryf dat hulle selfs die mees blatante leuens van Donald Trump verdedig. Hy kyk na die menings van die Amerikaanse sielkundige Keith Payne, wat die meeste van sy werk oor hierdie onderwerp doen.

AS jy die politieke veldtogte van partye soos die Demokrate en Republikeine in verkiesings soos die afgelope Amerikaanse verkiesing dopgehou het, voel jy ná maande se konflik, debat, moddergooiery en verdagmakery uitgeput. As jou kandidaat boonop die loef afgesteek is, laat dit jou met ’n leegheid.

Die politieke kloof tussen die Demokrate en Republikeine in Amerika is dieper en wyer as in dekades. Dit is plek-plek so militant dat Amerikaanse veiligheidsagentskappe soos die Nasionale Wag in 19 state op ’n gereedheidsgrondslag geplaas is vir moontlike gewapende onrus tydens en ná die verkiesing.

Die verdelende kloof loop grootliks tussen tradisioneel konserwatiewe en progressiewe gemeenskappe, maar in baie gevalle het dit families, selfs gesinne, uitmekaar gedryf of vriendskappe beëindig, veral sedert Donald Trump op die politieke toneel verskyn het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.