Zama-zamas migreer van goud na graan

GEORGANISEERDE MISDAAD

Zama-zamas migreer van goud na graan

Dit blyk die paramilitêre korporatiewe kultuur van onwettige mynbou het nou teikens in die landbou in sy visier, waar die risiko’s kleiner is maar die dividende soortgelyk, skryf PIET CROUCAMP.

'n WEEK of wat gelede skryf Ali van Wyk 'n stuk in Vrye Weekblad: “‘Let’s go for a ride’: Suid-Afrika se groeiende ontvoeringsplaag”. Van Wyk se vermoë om komplekse verskynsels in eenvoudige taal te verpak is verstommend. Maar sy relaas dek die morbiede werklikheid van muterende misdaadverskynsels waarin dieselfde sindikate en kartelle om diverse redes migreer tussen verskillende soorte misdaad.

Ek het in die afgelope jaar toevallig baie tyd in die geselskap van forensiese regslui en ondersoekers in die staat, finansiële instellings en die privaatsektor deurgebring. 'n Paar dae gelede drentel ek by 'n forensie ondersoeker se kantoor in. Hy is klein van gestalte en op die oog af skadeloos. Maar, ek ken hom, sy kop is aan die broei, selfs wanneer hy slaap. Hy is lid van 'n subspesie-mens met 'n kliniese gedagtegang en 'n broodnodige skeut paranoïese instink vir vreemde patrone. Sonder sulke mense sal misdaad soos 'n free range gedierte vernietiging saai.

Ongelukkig kom hulle op die toneel wanneer die misdaad reeds gevolge vir my en jou het. Anders gestel, indien die staat se intelligensiestrukture iets nie kon verhoed nie en die polisie nie die kapasiteit het om van beter te weet nie, kom forensies op die toneel, post facto. Hulle bemoei hulle met wat gebeur het, nie wat gaan gebeur nie, dis die werk van ons nuttelose nasionale intelligensie en onbeholpe polisie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.