Die langsame begrafnis van die ANC

VETERAAN PRAAT UIT

Die langsame begrafnis van die ANC

As daar ooit bevestiging nodig was dat die faksiegevegte en versplintering van die ANC oor die jare veel meer oor persoonlikhede, magspeletjies en selfverryking as ideologie gegaan het, is ANC-veteraan Mathews Phosa se nuwe politieke memoir die bewys, skryf MAX DU PREEZ. Die opgang van Jacob Zuma by die Polokwane-kongres in 2007, die ‘begrafnis van die ANC’, is net een voorbeeld.

MATHEWS PHOSA, oudpremier van Mpumalanga en gewese tesourier van die ANC, se boek Witness to Power – a Political Memoir gee 'n eerlike (ten minste op die oog af) en insiggewende blik op die binnewerkinge van die ANC sedert die vroeë 1980’s. Dit is ook 'n herinnering daaraan dat daar steeds ordentlike leiers in die party is.

Wat Phosa, 'n prokureur en deesdae ook suksesvolle sakeman, 'n effe anders as die meeste ander ANC-figure maak, is sy absolute verbintenis tot nie-rassigheid – hy was telkens die teiken van skinderveldtogte omdat hy wit mense in diens geneem het – en sy liefde vir Afrikaans. (Die medeskrywer van die boek is sy ou vriend en regterhand, Pieter Rootman.)

Phosa vertel dat hy na sy militêre opleiding in Oos-Berlyn (waar hy in 1985 toegelaat is om 'n militêre parade te aanskou, maar net van agter 'n eenrigting-venster om sy swart gesig te verberg) in Mosambiek gestasioneer was toe pres. Samora Machel laat weet het sy intelligensiemense sukkel om onderskepte Suid-Afrikaanse inligting te verstaan omdat dit in Afrikaans was. Phosa het daarop 'n kursus in Afrikaans vir Mosambiekse amptenare ontwikkel en klasse daarin gegee. Hy het ook Afrikaanse boeke onder skole versprei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.