Die nostalgie van bevryding

NAMIBIESE VERKIESING

Die nostalgie van bevryding

Die politieke stelsel wat deur twee manne van integriteit, Nelson Mandela en Sam Nujoma, verteenwoordig word, is 'n ramp. Oral in Suider-Afrika begin burgers dit met kalmte aanvaar, met die era van die struggle wat vervaag in 'n paar goeie en minder goeie herinneringe, skryf PIET CROUCAMP.

EK HET al baie massabyeenkomste van bevrydingsbewegings bygewoon, meestal in Suid-Afrika, maar ook enkeles in Namibië. Vir sowat 30 jaar kon ek myself vereenselwig met die identiteit, regverdigings en motiverings van politieke bevrydingsbewegings.

Ek was in Kaapstad vir Nelson Mandela se vrylating en een van die aanstigters van die geweld toe regses in 1991 hom wou verhinder om in die Sanlam-saal by Universiteit Stellenbosch te praat. Gerugte in Stellenbosch het dit gehad dat Kallie Kriel en sy trawante die vorige week daarin geslaag het om Mandela van die Tukkie-kampus te weg te hou.

Ek en 'n klompie bruin studente, saam met enkele lugtige, Engelse, Nusas-studente (all dressed up in black, met 'n permanente martelaarsuitdrukking in die oë), het geweet hier kom moeilikheid en dat ons midde-in die ding gaan wees. Die drama van die geklap van vuiste het die SAUK se nuus gehaal. Ek het 'n dissiplinêre verhoor gekry, met moerse selfvertroue myself verteenwoordig, en is vrygespreek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.