MIDDELPUNTVLIEDENDE KRAGTE
Die RNE praat uit verskillende monde
Die regering van nasionale eenheid is vol teenstrydighede met veral ANC-ministers wat soms eerder na Luthulihuis se pype dans as om hulle baas, pres. Cyril Ramaphosa, te help om in pas met die kiesers te kom, skryf PIET CROUCAMP.
MIDDELPUNTVLIEDENDE KRAGTE
Die RNE praat uit verskillende monde
Die regering van nasionale eenheid is vol teenstrydighede met veral ANC-ministers wat soms eerder na Luthulihuis se pype dans as om hulle baas, pres. Cyril Ramaphosa, te help om in pas met die kiesers te kom, skryf PIET CROUCAMP.
Deel
SUID-AFRIKAANSE politiek is 'n slagveld van teenstrydighede, word soms gesê. Hierdie werklikheid word vir die pessimiste onder ons ten beste geïllustreer deur die voortdurende spanning en konflik binne die regering van nasionale eenheid (RNE).
Byna daagliks beweer politieke kommentators en meningsvormers dat dié ooreenkoms meer middelpuntvliedende as samebindende kragte verteenwoordig. Die finansiële markte daarenteen juig steeds oor die kompromie tussen die 10 politieke partye in die RNE. Die ooreenkoms verteenwoordig meer as 70% van die stemme in die 2024-verkiesing en 287 van die 400 setels in die nasionale vergadering. Dit klink na genoegsame konsensus, maar is dit?
Uitsprake deur ANC-ministers wat die indruk skep dat hulle die ander partye in die RNE as junior vennote beskou, versterk die argument dat daar eenvoudig té veel onversoenbaarhede is vir dié ooreenkoms om beleid eenvormig te formuleer. Pres. Ramaphosa moes al dikwels sy ANC-kollegas se verdelende openbare menings repudieer, en hy doen dit meer as wat mense besef...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Struggle gaan nou oor presidentskap
Piet C. en Helen Z. praat oor ras-dogma
Hoekom die eenheidsregering sal hou
Hoekom is die ANC in die arms van die DA?
Nog geen einde in sig vir RNE-wipplank
ANC en DA moet leer poker speel
Beter binnelandse sake, beter SA
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.