Hoe nuwe diktators wêreld stuk vir stuk inpalm

VAN BULLEBAKLEIERS EN BAKLEIERS

Hoe nuwe diktators wêreld stuk vir stuk inpalm

Anne Applebaum se nuwe boek, Autocracy Inc, neem jou op ’n wêreldtoer van weeskindlande se bullebakleiers en wys hoe hulle netwerke vorm om mekaar aan bewind en stinkryk te hou, skryf ALI VAN WYK.

ANNE APPLEBAUM is een van ’n handjievol joernaliste en akademici wat die groot geopolitiese magte en veranderings in die wêreld rondom die Oos-Wes-as baie goed verstaan – tussen Amerika en Europa aan die een kant en Rusland en dele van die voormalige Sowjetunie en China aan die ander kant, asook die groot magte in die Midde-Ooste.

Sedert die val van kommunisme skryf sy deurgaans oor die veranderende aard van alles wat eens aan die Sowjetunie gekoppel was en van wat in China gebeur, en ook oor wat met dié twee magte se tientalle proksies en verwante state regoor die wêreld gebeur het, soos byvoorbeeld regoor ons grens in Zimbabwe, Angola en die Demokratiese Republiek van Kongo, maar ook in Kuba, Venezuela, Brasilië, Meksiko, Indië en Vietnam. Jy kry die prentjie – al die weeskinders.

Wanneer sy die woorde “nuwe wêreldorde” gebruik, dan is dit nie met die papegaai-agtige betekenisloosheid van ’n aangeklamde MAGA-ondersteuner nie. Dan sit mense regop, want sy weet waarvan sy praat as sy oor orde in die wêreld praat, en as sy kan sien hoe dit verander wil mense weet wat sy kan sien...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.