SA se bande met Iran gaan rig hoe Trump optree

DRUK NEEM TOE

SA se bande met Iran gaan rig hoe Trump optree

Die druk om die Agoa-handelsreëling te kanselleer, is ’n vulletjie vergeleke met ’n inisiatief in die Amerikaanse kongres om Suid-Afrika tot ’n bedreiging vir die VSA se veiligheid te verklaar, wat vroeg volgende jaar voor die senaat gaan dien. Maar die grondrede agter dié skuif, dat SA ’n betaalde proksie vir Iran is, berus dusver op skinderstories en afleidings sonder ’n greintjie getuienis, skryf MAX DU PREEZ.

HET DIE ANC ’n groot klomp geld van Iran gekry om die volksmoordsaak teen Israel na die Internasionale Geregshof (IGH) te neem?

Is Suid-Afrika inderwaarheid ’n proksie vir Iran se buitelandse beleid, onder meer om Israel te vernietig en Shia-Islam te bevorder?

As daar ’n greintjie bewys in dié verband is, gaan Agoa nie net in die hek duik nie, maar gaan die inkomende administrasie van Donald Trump Suid-Afrika waarskynlik as ’n vyand van Amerika behandel, wat ’n verbod op enige hulp (soos die vigs-noodprojek Pepfar) en selfs sanksies en/of ’n reisverbod op regeringsleiers kan insluit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.