SKRYF 100 KEER OP DIE SWARTBORD:
Die klok lui vir Bela-weerstand
Pres. Cyril Ramaphosa was heeltemal bereid om Afrikaners ter wille te wees oor die verskansing van taalregte in skole, onthul PIET CROUCAMP. Maar deur die kwessie een van taalnasionalisme te maak eerder as beter tegnokratiese bestuur, het die DA en regse Afrikaners die tapyt onder hom uitgetrek.
SKRYF 100 KEER OP DIE SWARTBORD:
Die klok lui vir Bela-weerstand
Pres. Cyril Ramaphosa was heeltemal bereid om Afrikaners ter wille te wees oor die verskansing van taalregte in skole, onthul PIET CROUCAMP. Maar deur die kwessie een van taalnasionalisme te maak eerder as beter tegnokratiese bestuur, het die DA en regse Afrikaners die tapyt onder hom uitgetrek.
Deel
DIE Wysigingswet op Basiese Onderwys (Bela) is tans ’n brandpunt binne die ANC. Die werklikheid is egter dat dit eintlik net die party-president, Cyril Ramaphosa, se tydelike vertwyfeling is wat die finale implementering van die wet verhinder.
Gegewe die aandrang van onderwysvakbonde soos Sadtu (South African Democratic Teachers Union) asook die ANC se uitvoerende komitee se aandrang op geen verdere wysigings aan die wet wat Ramaphosa op 13 September onderteken het nie, is dit verbasend dat die presidensie, Solidariteit en die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, skynbaar die afgelope week 'n nuwe ooreenkoms by die National Economic Development and Labour Council (Nedlac) bereik het.
In 'n mediavrystelling beweer Solidariteit en die minister dat die “dispuut opgelos is”. As jy die verklaring van die minister lees, lyk dit egter alles behalwe so. Wat wel korrek is, is dat die omstrede artikels nie meer op 13 Desember geïmplementeer sal word nie. In hulle verklaring maak Solidariteit dit ook duidelik, “Hierdie skikking raak egter nie die proses van die regering van nasionale eenheid of enige ander prosesse rakende Bela nie,” en “Die Solidariteit Beweging sal wel die uitkoms van die skikking aan die regering van nasionale eenheid voorhou.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.