Etniese nasionalisme bedreig die fondament van ons demokrasie

‘SWART GEVAAR'

Etniese nasionalisme bedreig die fondament van ons demokrasie

Terwyl die twee populistiese partye MK en EFF al meer vir mekaar begin grom, is die ANC ietwat verlam deur sy interne verdeeldheid oor die veelrassige DA as vennoot in die regering van nasionale eenheid. Die oplewing van swart etniese nasionalisme kan die fondament van die Suid-Afrikaanse demokrasie skud, skryf MAX DU PREEZ.

“We have no eternal allies, and we have no perpetual enemies. Our interests are eternal and perpetual, and those interests it is our duty to follow.” – Britse eerste minister Lord Palmerston in 1848

DIE opkoms van Jacob Zuma se MK en die wedywering tussen MK en die EFF het die politieke dinamika in Suid-Afrika beduidend teruggeskuif na Afrikanisme of swart etniese nasionalisme en weg van die Vryheidsmanifes se nie-rassigheid – 'n skuif wat nou ook 'n sterk faktor in die faksiegevegte binne die ANC is.

Die ANC het by sy konferensie te Kabwe in Zambië in Junie 1985 hom amptelik as meer inklusief as net 'n swart nasionalistiese party verklaar toe besluit is dat wit, bruin en Indiër-lede ook lede van die nasionale uitvoerende komitee kon word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.