SA sal vars moet dink oor hoe om Transaksie Trump te hanteer

NUWE REGIME IN AMERIKA

SA sal vars moet dink oor hoe om Transaksie Trump te hanteer

Persoonlike verhoudings tel baie in internasionale betrekkinge, en Cyril Ramaphosa kan dalk net uitvind dit is sinvol om Johann Rupert op ‘speed dial' te hou, skryf PIET CROUCAMP.

SOOS Donald Trump, is Johann Rupert 'n komplekse, luide en onsubtiele karakter. Maar, hy speel baie graag gholf en van die wêreld se voorste sportsterre is sy vriende. Die voorsitter van die luuksegoedere-maatskappy Richemont en Donald Trump deel hulle liefde vir gholf met 'n gemeenskaplike vriend, Ernie Els. Wat Rupert weet, en Cyril Ramaphosa soos baie ander internasionale leiers binnekort gaan verstaan, is dat persoonlike verhoudings vir Trump magtiger is as die swaard.

Kort nadat die 47ste president van Amerika herverkies is, het Rupert 'n telefoongesprek tussen Trump en Ramaphosa “gefasiliteer". Dié 15 minuut-gesprek was betekenisvol. Wat ons nou weet, is dat Rupert sedert 5 November 2024 proaktief betrokke is by pogings om die inkomende Amerikaanse administrasie te beïnvloed en Suid-Afrika se handelsbelange te beskerm en bevorder. Sy fokus is vir eers net die African Growth and Opportunity Act (Agoa), ’n handelsooreenkoms wat onder meer Suid-Afrikaanse goedere tariefvrye toegang tot Amerikaanse markte bied. Rupert hoop waarskynlik ook om uiteindelik groter vertroue in Suid-Afrikaanse waardekettings te vestig.

Toe Trump in sy tipies aggressiewe sosialemedia-styl 'n week gelede gedreig het om 'n 25%-tarief op Kanadese en Mexikaanse invoere in te stel as dié lande nie die vloei van dwelms en onwettige immigrante na Amerika stop nie, het die Kanadese premier, Justin Trudeau, op die eerste vliegtuig na die Mediterreense Mar-a-Lago in Florida geklim vir 'n drie uur lange ete met Trump. Persoonlike verhoudings is belangrik...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.