Gaan dit nóg 955 dae kos vir die DA om Figland uit die party te skop?

DA-ADJUNKBURGEMEESTER IN GEORGE BEDANK

Gaan dit nóg 955 dae kos vir die DA om Figland uit die party te skop?

Raybin Figland het as uitvoerende adjunkburgemeester van George bedank net voordat die raad gistermiddag oor 'n mosie van wantroue in hom sou stem, maar vrae oor die DA se hantering van die saak sal nie gou weggaan nie, skryf IKE BOSS.

  • 06 Desember 2024
  • Nuus & Politiek
  • 5 min om te lees
  • artikel 6 van 27
  • Ike Boss

RAYBIN FIGLAND is oplaas nie meer die DA se adjunkburgemeester van George nie. Nadat hy met die aanvang van gister (Donderdag) se raadsvergadering selfversekerd voorgekom het, het hy uit sy pos bedank pas voordat die mosie van wantroue in hom tot stemming gebring sou word.

Hy het vermoedelik besef dat dit sou slaag omdat sy eie party die mosie, wat deur die Good-party gebring is, gesteun het. Daarmee kom 'n hoofstuk van dié sage tot 'n einde, maar wat ’n roetine-optrede moes gewees het teen ’n DA-ampsdraer wat eens erken het dat hy 'n (meerderjarige) skoolmeisie afgepers het oor die seksueel eksplisiete foto's van haarself wat sy aan hom gestuur het, het uiteindelik sowat 955 dae geduur om af te handel, en sou dalk steeds nie gebeur het as die Good-party nie die mosie teen hom ingedien het nie. En die DA sal moet besluit wat om nou met hom te doen.

Good se mosie is aanvanklik nie veel van ’n kans op sukses gegun nie. Die DA beheer die raad, weliswaar met ’n papierdun meerderheid danksy ’n enkele ACDP-lid, en Figland is boonop ook ondersteun deur sekere opposisielede wat buite stemming sou kon bly of teen die mosie sou kon stem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.