Die Catch-22 van die DA in die RNE

OORDEELSDAG

Die Catch-22 van die DA in die RNE

Die sterkste vennoot van die ANC in die regering van nasionale eenheid se tande is getrek ná Solidariteit se lomp poging om die taalstryd in skole te kaap en te pronk eerder as om Afrikaans se toekoms te probeer verseker, skryf PIET CROUCAMP.

GERUGTE dat die DA se minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, afgedank gaan word deur die president is snert, maar nié om die redes waaroor die media bespiegel nie.

In Joseph Heller se roman Catch-22 is Amerikaanse lugmagvlieëniers vasgevang in 'n burokratiese dilemma. Dit is die Tweede Wêreldoorlog en die vlieëniers mag net op die grond bly as hulle geestelik ongeskik verklaar is om te vlieg. Sou hulle egter uit vrees vir hul veiligheid vra om nie te vlieg nie, is hulle by hul gesonde verstand – selfbehoud is rasioneel – en dus wel geskik om te vlieg. Iets vertel my dat die DA, in die strewe om Suid-Afrika te vrywaar van die sogenaamde “doomsday scenario", hulleself in ’n soortgelyke onmoontlike posisie van “rasionaliteit om selfbehoud" ingeverf het. 'n Posisie wat politieke mag in die ANC setel eerder as in die regering van nasionale eenheid (RNE).

Die federale DA-raadsvoorsitter, Helen Zille, het dit reeds baie duidelik uitgespel dat die party ingebind word deur die werklike vrees vir 'n koalisie tussen die ANC, MK Party en EFF. En sy is heeltemal reg, dit sal inderdaad 'n diep-donker dag wees indien dié drie onbestendige politieke entiteite die stuurstange van die Suid-Afrikaanse regering oorneem. Die nuwe regering sal nie net na alle waarskynlikheid polities na 'n onhoudbare linkse ideologie beweeg nie, maar jy toon nie besonderse insig as jy dit sou stel dat korrupsie op 'n massiewe skaal ingewortel sal word nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.