Nuwe ondersoek na Hani-sluipmoord kan politieke bom word

SPOKE LÊ NIE

Nuwe ondersoek na Hani-sluipmoord kan politieke bom word

Dis een van die berugste onopgeloste sluipmoorde, saam met dié van John F. Kennedy, Robert Smit, Tupac Shakur en Senzo Meyiwa: Wie het regtig vir Chris Hani vermoor? Die man wat die sneller getrek het, Janusz Walus, is dié week gedeporteer, maar die druk neem toe dat die staat met ’n nuwe ondersoek begin. MAX DU PREEZ probeer sin maak van al die vrae en teorieë.

Saterdag, 10 April 1993. Dawn Park, Boksburg.

CHRIS HANI, held van Umkhonto we Sizwe (MK) en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, het pas van sy plaaslike kafee teruggekeer met ’n koerant en ’n plastieksak met kruideniersware. Toe hy in sy huis se oprit uit sy kar klim, het ’n blonde man nader gestaan, sy pistool op hom gerig en hom vier keer geskiet. Hani het op die plek gesterf.

Die Pools-gebore Janusz Walus is kort daarna in hegtenis geneem en met verloop van tyd ook sy vriend en politieke mentor, Clive Derby-Lewis, parlementslid van die Konserwatiewe Party. Albei is later weens die moord skuldig bevind en tronk toe gestuur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.