Ons Groot SA regruk-dossier # 1 | 6 stories oor hoop,...

DOEN DIT NET!

Ons Groot SA regruk-dossier # 1 | 6 stories oor hoop, handevat en slaggate

Oor die hele land heen is daar al hoe meer gemeenskappe wat politieke verskille opsy skuif en hande vat om die munisipale verval van hulle dorpe te stuit. En in die proses leer hulle óór mekaar en ván mekaar. Die briesie van verandering het die potensiaal om 'n wind van verandering te word, vertel ANNELIESE BURGESS in die eerste aflewering van ons reeks oor hoop en handevat in Suid-Afrika.

ELKE verhaal en elke gemeenskap is anders.  Maar wat elkeen van ons regrukstories gemeen het, is dat daar 'n besluit was om nie meer te wag vir politici om leiding te neem nie, maar om self in te spring om 'n verskil te maak.

En in sommige gevalle skep hierdie gemeenskap-saamstaan 'n momentum wat die plaaslike politici saamsleep. In die wonderlike storie oor Kroonstad hier onder het Suid-Afrika se jongste (ANC) burgermeester so begeesterd geraak met wat in sy dorp gebeur, dat die gemeenskap hom nou “Mr Energy" noem. Nie net stoot hy saam kruiwa nie, hy dryf die visie om van Kroonstad 'n spogdorp met nuwe moontlikhede te maak.

Elke storie begin gewoonlik met 'n tot-hier-toe-en-nie-verder-nie-besluit deur 'n groep inwoners. En dan volg die brûe bou en saam plan maak.  In die woorde van Barend la Grange van South Africa Day, die organisasie wat agter baie van hierdie regruk-verhale sit: “As mense eers met mekaar begin praat, dan begin hulle 'n gedeelde toekoms sien."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.