Die Afrikaner-verklaring vir dommies ... soos ek

DONDERDAG MET BOUWER

Die Afrikaner-verklaring vir dommies ... soos ek

BOUWER BOSCH skryf sy eie weergawe van dié dokument.

Almal wat my al ontmoet het, weet ek is net aantreklik, nie baie slim nie. Ek het al vroeg geleer om vrede daarmee te maak. Sommige beroepe sou maar net nie vir my beskore gewees het nie as gevolg van my intelligensie, of tekort daaraan.

Die nuutste “buzz word” onder Afrikaners die laaste maand was beslis “Die Afrikaner-verklaring”. Dit was mense se WhatsApp-statusse en Facebook-foto's. Dit het my nogal laat dink aan die dag toe Moses die tien gebooie op die tablette geskryf het en aan die volk moes deurgee. Ek kan net dink wat die oproer moes wees daai tyd.

Maar die Afrikaner-verklaring het beslis 'n oproer veroorsaak. Met so 'n verklaring sal daar altyd goeie en minder goeie punte wees. Goed waarmee mens saamstem en goed wat strydig is met jou uitkyke. Dis maar soos my musiek. Óf jy hou daarvan óf jy wil my in die keel skop. Daar is nie rêrig 'n middeweg nie. Ek is nie slim genoeg om meeste van die verklaring te ontleed en om presies uit werk wat tussen die lyne gesê en gevra word nie. Ek weet wel ek is 'n Afrikaner, 'n trotse een ook, en ek sal my moue oprol waar ek moet om te help waar ek kan om Suid Afrika 'n beter plek te maak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.