Bepalings & voorwaardes

Bepalings & voorwaardes

Die fynskrif vir Vrye Weekblad-lesers

  1. Aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes
    • Hierdie webblad, toeganklik by http://www.vryeweekblad.com(“hierdie webblad”), word beskikbaar gemaak deur die NVWB MEDIA GROEP en is  die eienaar van die handelsmerk en die webtuiste (“die eienaar"). 
    • Die bepalings en voorwaardes hieronder uiteengesit, insluitend enige addisionele dokumentasie deur verwysing geïnkorporeer (“bepalings en voorwaardes”), geld vir enige persoon wat enige deel van hierdie webblad gebruik, besoek, na verwys, of besigtig (“jy” of “jou” insluitend kognitiewe terme).
    • Onderworpe aan klousule 5 hieronder, sit die bladsy wat jy lees die bepalings en voorwaardes uiteen waarvolgens jy hierdie webblad en die inligting, inhoud, produkte of dienste beskikbaar op of deur hierdie webblad (“die webblad-inhoud”) mag gebruik, besoek, na verwys, of besigtig (individueel en kollektief na verwys as “gebruik”), ongeag of die webblad-inhoud verskaf word deur die eienaar, sy filiale, beheermaatskappye, groep van maatskappye, vennote, derde-party verskaffers of enige ander party. Die webblad-inhoud sluit in, maar is nie beperk nie tot, enige sagteware, ikone, teks, grafika, beelde, klankgrepe, handelsname, logos, ontwerpe, handelsmerke of diensmerke wat in die webblad vertoon of geïnkorporeer word.
    • Jou gebruik van hierdie webblad behels die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes sowel as die YouTube Terms of Service omdat hierdie webblad soms YouTube-videomateriaal insluit.
    • Indien jy hierdie bepalings en voorwaardes aanvaar, moet jy ál hierdie bepalings en voorwaardes nakom. Indien jy nie hierdie bepalings en voorwaardes aanvaar nie, sal jy nie toegelaat word om hierdie webblad en die webblad-inhoud te gebruik nie, en moet jy dadelik alle kopieë van die webblad-inhoud in jou besit of onder jou beheer vernietig. Dit sluit in, maar is nie beperk tot, enige webblad-inhoud wat deur jou gekopieer of ge-cache is nie.
    • Benewens hierdie bepalings en voorwaardes, erken jy dat die eienaar in enige stadium addisionele bepalings en voorwaardes kan instel van toepassing op enige diens, inhoud, produkte, fasiliteite of funksionaliteit wat beskikbaar gemaak word deur die eienaar, of die eienaar se affiliate, filiale, beheermaatskappye, groep van maatskappye, of vennote, deur middel van hierdie webblad of andersins (“die addisionele bepalings en voorwaardes”). Indien jy van hierdie dienste, inhoud, produkte, fasiliteite of funksionaliteit gebruik wil maak, moet jy tot die addisionele bepalings en voorwaardes instem.
    • Jy word toegelaat om ’n kopie van hierdie bepalings en voorwaardes te druk. As dit problematies is om hierdie bepalings en voorwaardes te druk, of jy hulp nodig het om ’n gedrukte of elektroniese kopie van hierdie bepalings en voorwaardes of van die addisionele bepalings en voorwaardes uit te print, kontak Vrye Weekblad by  terugvoer@vryeweekblad.com.
  2. Omvang van toegelate gebruik
    • Onderworpe aan hierdie bepalings en voorwaardes, en aan enige addisionele bepalings en voorwaardes, mag jy slegs hierdie webblad en webblad-inhoud gebruik om na te kyk, te verwys, of te print, en die webblad-inhoud vir wettige persoonlike en nie-kommersiële gebruik (“die toegelate gebruik”). Die toegelate gebruik strek nie so ver soos die source code van die webblad of die source code van enige sagteware of rekenaarprogram wat deel van die webblad se inhoud vorm nie.
    • Jy word nie toegelaat om enige aksies uit te voer wat nie regverdige gebruik binne die konteks van die omvang van die toegelate gebruik is nie wat nie eksplisiet skriftelik deur die eienaar goedgekeur word nie (“die verbode aksies”). Die verbode aksies sluit in (maar is nie beperk nie tot) die framing, verandering, verspreiding, kommersialisering, eksploitering of wysiging van die webblad of webblad-inhoud of die inkorporasie van enige deel van die webblad of die webblad-inhoud in enige ander werk of publikasie. Hierdie bepalings en voorwaardes en enige beperkings op die gebruik van die webblad of webblad-inhoud sal ook geld vir enige deel van hierdie webblad of webblad-inhoud wat ge-cache word wanneer die webblad of webblad-inhoud gebruik word.
    • Jy moet vooraf die eienaar se geskrewe goedkeuring kry as jy elektronies of andersins enige verbode aksies wil uitvoer. Versoeke om goedkeuring moet gerig word aan Vrye Weekblad by terugvoer@vryeweekblad.com. Die eienaar is daartoe geregtig om, in sy uitsluitlike diskresie, toestemming te weerhou of toe te staan. Die eienaar mag ook enige voorwaardes vir toestemming daarstel.
    • Wanneer die webblad of die webblad-inhoud geprint word, moet jy verseker die volgende kennisgewing van kopiereg verskyn prominent op elke gedrukte bladsy: “Kopiereg op alle materiaal © Vrye Weekblad. Alle regte voorbehou." 
    • Die eienaar mag, in sy uitsluitlike diskresie, in enige stadium en vir enige rede sonder skriftelike voorafkennisgewing, die opskorting of beëindiging van:
      • die operasie van hierdie webblad of enige van die webblad-inhoud beveel; of
      • jou reg om hierdie webblad of enige webblad-inhoud te gebruik beveel.
    • Jy mag nie die regte wat onder hierdie bepalings en voorwaardes aan jou gegee word na enige ander persoon of entiteit oordra nie.
    • Die eienaar word toegelaat om dieselfde, soortgelyke, addisionele of ander regte aan enige ander persoon of entiteit te gee.
    • Dit is jou uitsluitlike verantwoordelikheid om alle fasiliteite, dienste, produkte en toerusting te bekom en onderhou wat jy nodig mag hê vir die doeleindes van die toegelate gebruik.
  3. Uitsluiting van aanspreeklikheid vir gebruik van hierdie webblad en die webblad-inhoud
    • Gebruik van hierdie webblad en die webblad-inhoud is volkome op jou eie risiko.
    • Onderworpe aan die voorsienings van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, Nr 25 van 2002 (“die ECT Wet”), en tot die volledigste omvang deur die wet toegelaat, sal die eienaar geen aanspreeklikheid hoegenaamd in verband met hierdie webblad en die webblad-inhoud hê nie. Jy vrywaar en stel hiermee die eienaars vry van enige skuld, aanspreeklikheid, uitgawe, eis, straf of skade (hetsy direk, indirek, spesiaal of gevolglik) wat jou of die eienaar mag teëkom uit jou gebruik van die webblad (insluitend inhoud of opmerkings na die webblad opgelaai), jou vertroue in hierdie webblad of die webblad-inhoud, of enige aksies of transaksies wat dit tot gevolg gehad het, selfs as die eienaar meegedeel is oor die moontlikheid van dergelike verlies, aanspreeklikheid, uitgawe, eis, boete of skade.
    • Benewens die algemene omvang van klousules 1 en 3.2 hierbo en tot die volledigste omvang deur die wet toegelaat, sal die eienaar nie aanspreeklik wees vir enige onbeskikbaarheid, onderbreking, downtime, wanfunksionering of versuim van die webblad of die webblad-inhoud vir enige rede hoegenaamd nie.
    • Tot die volledigste omvang deur die wet toegelaat, sal enige van die beperkings of uitsluitings van die eienaar se aanspreeklikheid in hierdie bepalings en voorwaardes deur enige bevoegde hof, arbitreerder of gesagsowerheid as ongeldig of onafdwingbaar bevind, in geen geval die eienaar se totale opgehoopte aanspreeklikheid R50,000 laat oorskry nie.
    • Vir die doeleindes van hierdie klousule 3 en klousule 6 hieronder sluit enige verwysing na die eienaar ook die werknemers, amptenare, direkteure, verteenwoordigers, agente, aandeelhouers, affiliate, filiale, beheermaatskappye, verskaffers en inhoudverskaffers in.
  4. Kommersiële bepalings en voorwaardes

Algemeen

  • Hierdie bepalings en voorwaardes sal verder meer die verhouding tussen die eienaar en enige kliënte wat enige van die eienaar se produkte aanskaf (die “kliënt”) reguleer, tesame met enige verdere ooreenkomste en dokumentasie aangegaan insake sodanige verhouding.

Prys

  • Die prys betaalbaar deur die kliënt vir produkte gelewer deur die eienaar sal soos gestipuleer in die relevante ooreenkoms aangegaan deur die eienaar en die kliënt wees, alternatiewelik, soos vervat in die heersende pryslys in effek ten tyde van die aanskaf van die produkte deur die kliënt.
  • Betalings sal geskied by wyse van eenmalige en/of herhalende betalings (afhangende van die produkte/subskripsie gekoop deur die kliënt), welke betalings deur middel van debiet- of kredietkaart betalings via die relevante aanlyn platform fasiliteer sal word .
  • In die geval van maandelikse herhalende subskripsies sal die subskripsiefooi by wyse van outomatiese maandelikse betalings geprosesseer word, belyn met die betalingsmetode deur die kliënt geselekteer.
  • Alle pryse aangedui op hierdie webblad is in Suid-Afrikaanse Rand en .
  • Die eienaar behou die reg voor om:
    • enige pryse rakende produkte aangebied op hierdie webblad ter enige tyd te verander, sonder enige vroeëre kennisgewing. Sodanige verandering in prys sal nie enige bedrae reeds vooruitbetaal deur die kliënt beïnvloed nie, maar kan (onder andere) ‘n impak hê op verdere herhalings van sodanige kliënt se subskripsie.  Indien jy nie die veranderde prys aanvaar nie, sal jy geregtig wees om jou subskripsie te kanselleer (onderhewig aan die oorblywende bepalings en voorwaardes hierin stipuleer);
    • die subskripsie pakkette aan te pas, insluitende die byvoeging en/of verwydering van kenmerke, inhoud en titels.

Kansellasies en terugbetalings

  • Die kliënt sal ter enige tyd geregtig wees om ‘n vooruitbetaalde vaste termyn subskripsie te kanselleer deur (i) die betrokke skakel vir sodanige doeleindes uitgewys te volg op die webblad/jou profiel of (ii) die eienaar skriftelik te kontak om kansellasie te versoek, welke kansellasie effek sal neem 20 (twintig) besigheidsdae na ontvangs van die versoek vir kansellasie.
  • In die geval van kansellasie van ‘n vaste termyn subskripsie waarvoor daar vooruitbetaal is deur die kliënt, sal daar ‘n pro rata terugbetaling van enige koopsomme reeds betaal deur die kliënt aan die eienaar, vir die periode vanaf die effektiewe datum van kansellasie tot die einde van die periode waarvoor die kliënt reeds betaal het, geskied.
  • Die kliënt sal toegang hê tot die gekanselleerde subskripsie tot en met die effektiewe datum van kansellasie.
  • Die eienaar sal geregtig wees om ‘n redelike kansellasie fooi te hef insake enige afslag aan die kliënt toegestaan, met die oog op voltooiing van die volle subskripsie termyn.
  • Waar ‘n vooruitbetaalde subskripsie die vorm van ‘n ‘geskenk subskripsie’ neem, sal die kliënt geregtig wees om sodanige subskripsie te kanselleer – in welke geval klousules 8 tot 4.10 mutatis mutandis toepassing sal vind.
  • In die geval van herhalende subskripsies (waar die kliënt nie vooruitbetaal het vir ‘n vaste termyn nie), sal die kliënt geregtig wees om die subskripsie te kanselleer voor die volgende datum van herhaling en betaling. Die kliënt sal in so geval toegang hê tot die subskripsie tot die einde van die periode reeds voor betaal.
  • Die eienaar behou verder die reg voor om enige kliënt se subskripsie te termineer of op te skort:
    • ter enige tyd, in die geval van ‘n vooruitbetaalde vaste termyn subskripsie, deur 20 (twintig) besigheidsdae se kennis van terminasie te gee indien die kliënt hierdie bepalings en voorwaardes verbreek – in welke geval daar ‘n pro rata terugbetaling van enige koopsomme reeds betaal deur die kliënt aan die eienaar, vir die periode vanaf die effektiewe datum van kansellasie tot die einde van die periode waarvoor die kliënt reeds betaal het, sal geskied;
    • in die geval van ‘n herhalende subskripsie, voor die volgende datum van herhaling en betaling – vanaf welke datum die terminasie effek sal neem.
  • Indien ‘n subskripsie termineer of opgeskort word, sal die kliënt nie meer toegang hê tot enige van die kenmerke of inhoud wat met die subskripsie gepaardgaan nie, vanaf die datum van die terminasie of opskorting effek nie.
  • Die kliënt sal verantwoordelik wees vir alle fooie en kostes aangegaan deur die kliënt tot op die datum van terminasie van die subskripsie.
  1. Uitsluiting van waarborge en voorstellings
    • Enige sienings of stellings wat op hierdie webblad gemaak of uitgedruk word is nie noodwendig die sienings van die eienaar, die eienaar se affiliate, filiale, beheermaatskappye, vennote, werknemers, beamptes, servants en/of agente nie.
    • Die webblad en die webblad-inhoud word verskaf “as is” en is onderworpe aan verandering sonder kennisgewing.
    • Onderworpe aan die bepalings van die ECT Wet, word hierdie webblad en die webblad-inhoud sonder enige voorstelling of waarborg hoegenaamd, hetsy eksplisiet, geïmpliseer of statutêr, verskaf. Dit sluit in maar is nie beperk tot enige voorstelling of waarborg aangaande die operasie, integriteit, versoenbaarheid, beskikbaarheid of funksionaliteit van hierdie webblad of oor die operasie, akkuraatheid, volledigheid, integriteit, versoenbaarheid, beskikbaarheid, funksionaliteit of betroubaarheid van die webblad-inhoud nie.
    • Die eienaar gee ook geen waarborg of voorstelling, hetsy eksplisiet of geïmpliseer, dat die webblad-inhoud vry is van virusse, destruktiewe materiaal of enige ander data of kode met die vermoë om op enige wyse die operasie van ’n rekenaarsisteem, -netwerk, enige handstel of mobiele toestel, of jou hardeware of sagteware, te korrupteer, kompromiteer, in die gedrang te bring, te ontwrig, af te skakel, skade aan te doen of andersins belemmer nie. Jy aanvaar alle risiko verwant aan die bestaan van sulke virusse, destruktiewe materiaal of enige ander data of kode met die vermoë om op enige wyse die operasie van ’n rekenaarsisteem, -netwerk, enige handstel of mobiele toestel, of jou hardeware of sagteware, te korrupteer, kompromiteer, in die gedrang te bring, te ontwrig, af te skakel, skade aan te doen, of andersins kan belemmer nie.
    • Die eienaar aanvaar nie enige verantwoordelikheid vir enige foute of weglatings op die webblad of in die webblad-inhoud nie.
    • Jy moenie vertrou op enige waarborg of voorstelling wat na bewering jou instemming tot hierdie bepalings en voorwaardes veroorsaak het nie, tensy die voorstelling of waarborg in hierdie bepalings en voorwaardes aangeteken word.
    • Die webblad en die webblad-inhoud is nie bedoel om advies of ’n aanbeveling van enige aard ten opsigte van, maar nie beperk tot, enige instelling, belegging, diens of produk te verskaf nie, en kan nie as sulks beskou word nie.
    • Jy moenie enige transaksies aangaan, beleggings maak, besluite van enige aard neem, insluitend, sonder beperking, enige finansiële of beleggingsbesluite, of enige verlies ly of aanspreeklikheid toekom gedeeltelik of volkome gebaseer op die webblad-inhoud nie. Jy moet altyd onafhanklike advies van ’n kundige bekom voor jy enige beleggings- of ander besluite neem.
    • Tot die omvang waartoe die webblad-inhoud betrekking het op enige aandelebeurse, finansiële markte, finansiële produkte, sekuriteite, afgeleide instrumente, effektetrusts, fondse, geldeenhede en/of wisselkoerse, erken jy dat hierdie inligting nie akkuraat of volledig mag wees nie. Jy erken verder dat enige beoordeling of weerspieëling van die optrede van enige sekuriteit, eenheid, fonds, produk, aandelebeurs, afgeleide instrument of finansiële mark nie beteken só ’n optrede sal herhaal word nie of op enige manier op vertrou word nie.
  2. Verwysings en skakels na en vanaf ander webblaaie, produkte en dienste
    • Hierdie webblad mag verwysings en skakels na ander webblaaie (“ander webblaaie”), asook die produkte, opinies en dienste van derde partye, bevat. Dié verwysings en skakels is nie bedoel, en moet nie geïnterpreteer word, as ’n onderskrywing, voorstel, of affiliasie met hierdie ander webblaaie nie, of die opinies, produkte, dienste of optrede van derde partye nie. Jou gebruik van enige ander webblaaie, of die produkte of dienste van derde partye, is volkome op jou eie risiko.
    • Onderworpe aan die bepalings van die ECT Wet en tot die volle omvang wetlik toegelaat, is die eienaar nie verantwoordelik vir enige verlies, aanspreeklikheid, uitgawe, eis, straf of skade, hetsy direk, indirek, spesiaal of gevolglik, wat voortspruit uit of betrekking hou met die vertroue in, gebruik van of poging tot gebruik van ander webblaaie nie, of die opinies, produkte of dienste van derde partye nie.
    • Jy mag nie (en jy mag nie enige derde partye toelaat om te) verwys na die eienaar, hierdie webblad of webblad-inhoud, hetsy deur middel van ’n skakel of andersins, waar die verwysing op enige manier geïnterpreteer kan word as ’n onderskrywing, affiliasie of voorstel deur die eienaar met betrekking tot jou of ’n derde party, of van jou dienste, produkte, opinie of optrede, of dié van ’n derde party, nie.
  3. Intellektuele eiendom
    • Die webblad-inhoud, insluitend (sonder beperking) enige sagteware, icons, teks, skakels, grafika, beelde, klankgrepe, handelsname, logos, handelsmerke en diensmerke, word beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopiereg-, patente- en handelsnaamwetgewing nie, en is die eiendom van die eienaar en/of derde partye. Enige ongemagtigde gebruik van die webblad-inhoud is verbode.
    • Onderworpe aan klousule 2 hierbo, sal jy nie enige reg, titel of aandeel in hierdie webblad of webblad-inhoud bekom nie, benewens die regte wat uitdruklik aan jou toegestaan word in hierdie bepalings en voorwaardes. Jou gebruiksreg is onderworpe aan hierdie bepalings en voorwaardes.
    • Waar enige van die webblad-inhoud aan die eienaar gelisensieer word of aan ’n derde party behoort, sal jou gebruiksregte onderworpe wees aan enige bepalings en voorwaardes van tyd tot tyd deur die lisensiehouer of derde party opgelê, en jy onderneem om aan sulke derde-party bepalings en voorwaardes te voldoen.
  4. Jou gedrag wanneer jy dié webblad gebruik
    • Jy mag nie hierdie webblad gebruik om die volgende te bekom of te versprei nie:
      • materiaal met kopiereg, of materiaal beskerm deur wetgewing ten opsigte van intellektuele-eiendomsregte, sonder die eienaar se toestemming;
      • materiaal wat virusse bevat, of enige ander vernietigende materiale of data of kode wat ’n rekenaarstelsel of hardeware of sagteware kan korrupteer, mee inmeng, in gedrang bring, onderbreek, afskakel, beskadig of andersins op enige wyse belemmer;
      • materiaal wat lasterlik of onwettig is, of haatspraak bevat; of
      • grootmaat e-pos, hetsy gevra of ongevra.
    • Jy moenie met die funksionaliteit of die funksionering van enige deel van hierdie webblad inmeng of dit andersins in gedrang bring nie, of poog om in te meng met die funksionaliteit of die funksionering van enige deel van hierdie webblad, of dit andersins in gedrang bring, nie.
    • Jy word streng verbied om hierdie webblad te gebruik vir “spoofing", “hacking", “flaming", “cracking", “phishing" of “spamming", of vir enige ander aktitwiteit wat ontwerp is, of daarop gerig is, om soortgelyke doeleindes as die voorgenoemde aksies te bereik.
    • Jy mag nie enige inligting onderskep wat aan of deur die eienaar van hierdie webblad gestuur word en wat nie deur die eienaar bedoel word om deur jou ontvang te word nie.
    • Jy moet te alle tye ander gebruikers van hierdie webblad respekteer.
  5. Variasie van sekere bepalings in die ECT Wet
    • Deur hierdie webblad te gebruik, stem jy daartoe in dat hierdie bepalings en voorwaardes ’n bindende ooreenkoms tussen jou en die eienaar skep, selfs al is hierdie bepalings en voorwaardes volledig of gedeeltelik in die vorm van ’n data-boodskap. Jy stem spesifiek in dat:
      • die ooreenkoms geag sal word asof dit gesluit is by die eienaar se fisiese adres uiteengesit in klousule 1 hieronder op die datum waarop jy eerste van hierdie webblad gebruik gemaak het;
      • ’n elektroniese handtekening nie deur jou of die eienaar vereis word ten einde tot hierdie bepalings en voorwaardes in te stem nie. Jy stem in dat die gebruik van hierdie webblad of die webblad-inhoud genoegsaam bewys is van jou instemming tot hierdie bepalings en voorwaardes;
      • enige data-boodskap wat deur die eienaar aan jou gestuur word, geag word as synde gestuur vanaf die eienaar se fisiese adres uiteengesit in klousule 1 hieronder indien jou gebruiklike werksadres of huisadres binne die Republiek van Suid-Afrika geleë is;
      • enige data-boodskap wat deur die eienaar aan jou gestuur word, geag word as synde gestuur vanaf die eienaar se fisiese adres uiteengesit in klousule 1 hieronder indien nóg jou gebruiklike werksadres nóg jou huisadres binne die Republiek van Suid-Afrika geleë is;
      • enige kommunikasie wat aan jou gestuur is deur ’n inligtingstelsel wat geprogrammeer is om outomaties namens die eienaar te funksioneer, nie ’n data-boodskap sal wees wat aan die eienaar toegeskryf kan word nie, of deur die eienaar gemagtig is nie;
      • onderworpe aan hierdie bepalings en voorwaardes se klousule 1.5 hierbo en klousule 15 hieronder,’n data-boodskap wat deur jou aan die eienaar gestuur is, slegs geag sal word as synde deur die eienaar ontvang wanneer ’n erkenning van ontvangs deur die eienaar self gestuur word, of deur ’n persoon wat die magtiging het om namens die eienaar op te tree met betrekking tot daardie data-boodskap; en
      • hierdie ooreenkoms geïnterpreteer en geïmplementeer word in ooreenstemming met die wette van die Republiek van Suid-Afrika, en dat jy die jurisdiksie van die howe van die Republiek van Suid-Afrika erken.
  1. Gespreksforums en fasiliteite vir leserskommentaar
    • Gespreksforums en fasiliteite vir leserskommentaar (“die forums”) mag, van tyd tot tyd, op die webblad beskikbaar gemaak word.
    • Wanneer jy enige inhoud skryf of publiseer:
      • stem jy in tot Vrye Weekblad se beleid vir kommentaar-moderasie;
      • verleen jy die eienaar ’n nie-eksklusiewe, tantieme-vry, onherroepbare lisensie om sodanige inhoud op die webblad, of enige van sy geaffilieerde publikasies, te publiseer, dissemineer, versprei, reproduseer, aanpas, en/of sublisensieer vir, ondermeer, bemarking, navorsing en promosionele doeleindes;
      • erken en stem jy in dat, hoewel die eienaar nie alle inhoud in die forums kan nagaan nie, die eienaar die reg voorbehou om, in sy uitsluitlike diskresie, vir enige rede sulke inhoud te verwyder, verander of verplaas;
      • erken jy dat, indien jy persoonlike inligting in die forums sou bekendmaak, dié persoonlike inligting gesien, versamel en/of gebruik kan word deur enige ander party wat die webblad gebruik. In sulke omstandighede, stem jy in dat jy die verantwoordelike party (of datakontrolleur) rakende die persoonlike inligting is, en die eienaar sal nie verplig word om dié persoonlike inligting of enige ander belang, geregtelik of andersins, te beskerm nie, en jy stel die eienaar kwyt en hou hom onaanspreeklik vir enige verlies (hetsy direk, indirek of gevolglik) wat jy mag lei as gevolg van jou partydigheid tot hierdie persoonlike inligting;
      • stem jy in dat die forums slegs vir persoonlike, nie-kommersiële doeleindes gebruik mag word.
    • Jy erken en stem in dat die eienaar daarop geregtig is om, in sy uitsluitlike diskresie en vir enige rede, jou te verbied om deel te neem aan enige bespreking in enige van die forums.
  2. Onderskepping en monitering

Jy stem in dat jou kommunikasie op hierdie webblad onderskep mag word, soos uiteengesit in die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies Wet 70 van 2002 (soos gewysig), deur die eienaar of enige ander bevoegde gesag, tot die omvang wat dit deur toepaslike wetgewing toegelaat word.

  1. Privaatheidsbeleid

Kliek asseblief hier om Vrye Weekblad se privaatheidsbeleid te lees.

  1. Heersende reg

Hierdie bepalings en voorwaardes, insluitende die interpretasie daarvan, is onderworpe aan en word geregeer ingevolge die wette van die Republiek van Suid-Afrika.

  1. Variasie op hierdie bepalings en voorwaardes
    • Onderworpe aan die variasies of wysigings waarvoor in die bepalings van klousule 2 hieronder voorsiening gemaak word, sal geen ander variasie of wysiging tot hierdie bepalings en voorwaardes, in enige vorm wat ookal, afdwingbaar of bindend op die eienaar wees nie, tensy die eienaar skriftelik tot sulke variasie en wysiging ingestem het.
    • Die eienaar is daarop geregtig en behou die reg voor om hierdie bepalings en voorwaardes van tyd tot tyd in sy uitsluitlike diskresie aan te pas of te wysig (“gewysigde bepalings en voorwaardes”). Hierdie gewysigde bepalings en voorwaardes sal op die webblad vertoon word. Die eerste keer wat jy hierdie webblad gebruik na die gewysigde bepalings en voorwaardes op die webblad vertoon is, en indien jy voortgaan om die webblad te gebruik nadat jy ’n redelike geleentheid gehad het om die gewysigde bepalings en voorwaardes na te gaan, sal die gewysigde bepalings en voorwaardes onmiddellik geag word as synde van krag en bindend op jou.
    • Dit is jou verantwoordelikheid om toegang te kry en jouself te vergewis van enige gewysigde bepalings en voorwaardes met elke geleentheid wat jy van hierdie webblad of die webblad-inhoud gebruik maak.
  2. Diverse sake
    • Addresse vir kennisgewings:
      • Tensy anders in hierdie bepalings en voorwaardes gemeld, is die eienaar se adres vir die lewering van enige kennisgewing:

Adres: Nr.8 Villagio, Lynwood straat, Tara, Durbanville, 7550

E-pos: Theuns Venter by admin@vryeweekblad.com

  • Alle kennisgewings aan die eienaar moet vir die aandag van Andrew Trench gemerk word. Alle kennisgewings van ’n geregtelike aard of wat verband hou met regsaksie moet per geregistreerde pos aan die eienaar gelewer word en ook óf per hand by die fisiese adres van die eienaar gelewer óf na die eienaar se e-posadres gestuur word.
  • Kennisgewings gelewer aan die bogenoemde addresse sal slegs as behoorlik gelewer beskou word:
    • drie dae na aflewering, indien per hand by die eienaar se fisiese adres afgelewer;
    • drie dae na bevestigde suksesvolle lewering, indien aan die eienaar se e-posadres gestuur.
  • Dispute, eise en regsaksies:
    • Onderworpe aan klousule 2.4 hieronder, sal enige dispuut wat deur jou verklaar word en enige eis wat jy teen die eienaar mag hê voortspruitend uit of in verband met hierdie bepalings en voorwaardes of die gebruik van die webblad of die webblad-inhoud, insluitend na terminasie, kansellasie of wysiging van hierdie bepalings en voorwaardes, ingevolge die Wet op Arbitrasie van 1965 (soos gewysig) of enige wet wat dit vervang, verwys sal word en sal geskied in ooreenstemming met die kommersiële arbitrasiereëls van die Abritrasie-stigting van Suidelike Afrika.
    • Indien, onderworpe aan klousule 2.4 hieronder, die eienaar ’n dispuut met jou verklaar, of enige eis of regsaksie teen jou wil instel voortspruitend uit of in verband met die webblad of die webblad-inhoud, behou die eienaar die reg voor om die aangeleentheid in ’n forum van sy keuse te berde te bring, insluitend maar nie uitsluitlik in die howe van die Republiek van Suid-Afrika. Hierdie reg sal aanhou geld na terminasie, kansellasie of wysiging van hierdie bepalings en voorwaardes.
    • Jy stem in dat die eienaar daarop geregtig is, maar nie verplig word, om enige aksies wat voortspruit uit of verband hou met hierdie bepalings en voorwaardes, of jou gebruik van die webblad of die webblad-inhoud, in te stel in enige landdroshof in die Republiek van Suid-Afrika wat jurisdiksie oor jou het, hoewel die oorsaak van die toepaslike aksie die jurisdiksie van daardie hof oorskry.
    • Nóg jy nóg die eienaar word daarvan uitgesluit om tussentydse verligting op ’n dringende basis vanaf ’n hof van bevoegde jurisdiksie te bekom voor die instelling of resolusie van ’n dispuut of ander regsaksie.
  • Kostes:

Enige kostes, insluitende regskostes on attorney and own client scale en belasting op toegevoegde waarde, deur die eienaar aangegaan voortspruitend uit jou gebruik van hierdie webblad of die webblad-inhoud, of uit ’n skending van hierdie bepalings en voorwaardes, sal deur jou gedra word.

  • Toekenning:
    • Jy mag nie enige van jou regte of verpligtings ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes prysgee, toeken of oordra sonder om vooraf die skriftelike toestemming van die eienaar te bekom nie.
    • Die eienaar is daarop geregtig om enige van sy regte en verpligtings ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes prys te gee, toe te ken of oor te dra sonder om vooraf jou skriftelike toestemming te bekom en sonder enige voorafkennisgewing.
  • Interpretasie:
    • Die klousule-opskrifte is slegs vir gerief tot hierdie bepalings en voorwaardes gevoeg en sal nie in aanmerking geneem word in die interpretasie van hierdie bepalings en voorwaardes nie, of ’n invloed hê op die konstruksies van enige van hierdie bepalings en voorwaardes nie.
    • Enige verwysing na die enkelvoud sluit die meervoud in, asook die omgekeerde, in hierdie bepalings en voorwaardes. Enige verwysing na natuurlike persone sluit in hierdie bepalings en voorwaardes regspersone in. Verwysings na enige geslag sluit verwysings na ander geslagte, asook die omgekeerde, in.
    • Tensy die konteks iets anders vereis of uitdruklik in die teendeel gestel word, sal enige woorde en snedes:
      • dieselfde betekenis regdeur hierdie bepalings en voorwaardes hê;
      • wat nie in hierdie bepalings en voorwaardes vervat word nie maar in die ECT Wet gedefinieer word, dieselfde betekenis as in die ECT Wet hê.
    • ’n Kopie van die ECT Wet kan by http://bit.ly/2b0ASTR besigtig en afgelaai word. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker die afgelaaide kopie is die mees onlangse weergawe van die ECT Wet.
    • In geval daarvan dat enige van die bepalings in hierdie bepalings en voorwaardes as ongeldig, onwettig of onafdwingbaar bevind word, sal sodanige bepalings skeibaar van die oorblywende bepalings wees, wat sal voortgaan om geldig en afdwingbaar te wees.
    • Die eienaar se verwysings na “skriftelik” of “skriftelike” kennisgewings in hierdie bepalings en voorwaardes behels uitsluitlik skrif op papier geteken in ink deur ’n gemagtigde verteenwoordiger van die eienaar, en sluit spesifiek enige skrif in elektroniese vorm uit.
    • Geen verslapping of toegewing deur die eienaar toegestaan sal geag word as ’n kwytskelding van enige van die eienaar se regte in hierdie bepalings en voorwaardes of in die wet nie.
    • In geval hierdie bepalings en voorwaardes teenstrydig is met enige addisionele bepalings en voorwaardes, sal die addisionele bepalings en voorwaardes geld.
    • Die terminasie van die ooreenkoms wat deur hierdie bepalings en voorwaardes geskep is, is sonder vooroordeel tot enige ander regte of regstellings waarop jy of die eienaar onder hierdie ooreenkoms of die wet geregtig is, en sal geen uitwerking op enige opgehoopte regte of aanspreeklikhede hê, of op die inwerkingtreding of voortsetting van enige bepalings wat in hierdie bepalings en voorwaardes van krag is, wat uitdruklik of by implikasie bedoel is om in werking te tree of voortgesit te word met of na sodanige terminasie.