Vrye Weekblad se kommentaarbeleid

Hier is hoe ons die gesprek-areas veilig vir ons lesers hou

  1. Slegs intekenare kan kommentaar lewer op artikels wat Vrye Weekblad publiseer. Geregistreerde gebruikers kan kommentaar lewer op gratis artikels.
  2. Dit is ons besluit, in ons uitsluitlike diskresie, om artikels oop te maak vir kommentaar.
  3. Vrye Weekblad is cool met kommentaar wat beskaafd en besonne is. Ons duld geen kommentaar wat rassisties, bigoted of vulgêr is nie; wat persoonlike aanvalle behels nie; wat enigsins trol-agtig is; of wat, in ons mening, andersins ongeskik of aanstootlik is nie, en enige sulke kommentaar sal as die verbreking van hierdie beleid beskou word. Dieselfde geld vir kommentaar wat pornografies geag word, ’n ander party se kopiereg skend, of lasterlik is.
  4. Kommentaar wat, in ons mening, beskou kan word as die aanvraging van fondse of die advertering van goedere of dienste, word nie toegelaat nie. Dieselfde geld vir identiese kommentaar wat aanhoudend onder verskillende artikels gepost word. As jy by ons wil adverteer, gesels met ons reklame-span.
  5. In ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Grondwet, word kommentaar verbied wat geag word as propaganda vir oorlog; opsweping tot dreigende geweld; of die bevordering van haat gebaseer op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens, en wat geld as aanswepings tot die aandoen van leed.
  6. Soos deur die Perskode voorsien, gaan ons nie leserskommentaar na voor dit gepubliseer word nie. Sekere kommentaar mag egter tydelik deur ’n outomatiese keyword-gebaseerde filter teruggehou word totdat dit deur ’n moderator nagegaan kan word.
  7. Leserskommentaar wat aangemeld word – deur die flagging funksie onderaan elke opmerking te gebruik – as synde moontlik ongeskik en teenstrydig met ons kommentaarbeleid, mag verwyder word nadat dit deur ’n moderator nagegaan is.
  8. Jy kan ook enige moontlike skending van ons kommentaarbeleid aan terugvoer@vryeweekblad.com stuur. Wees asseblief duidelik oor die opmerking waarna jy verwys, en noem waarom jy dit as ’n skending van ons kommentaarbeleid ag. Ons sal die klagte hersien en die klaer van ons bevinding inlig. Indien jy met ons beslissing verskil, kan jy ’n klag lê by die Suid-Afrikaanse Persraad se persombudsman, wat dan jou klag sal beslis.
  9. Growwe skendings van ons kommentaarbeleid of herhaaldelike misbruik deur ’n opmerker sal daartoe lei dat ’n gebruiker se rekening sonder voorafkennisgewing geblok word. Ons sal geen korrespondensie oor so ’n besluit voer nie.
  10. Enige gebruiker van ons kommentaar-fasiliteite stem tot hierdie bepalings en voorwaardes in.