FAQs: Vrye Weekblad

Ons antwoord jou vrae oor ons nuusbriewe, hoe om aan te meld of in te teken, en heelwat meer

Vrye Weekblad is ’n progressiewe digitale publikasie. Dit was ’n weeklikse anti-apartheid koerant van 1987 tot 1994, toe dit toegemaak het. Dit het in April 2019 herlewe as ’n internet-publikasie en verskyn elke Vrydag (slegs aanlyn).

Geregistreerde lesers (jy hoef nie 'n betaalde intekenaar te wees nie) kan kies om van Maandag tot Donderdag 'n Vrye Weekblad Daagliks per e-pos te ontvang. En Saterdae en Sondae kan jy kies om 'n Naweek geselsbrief te ontvang.

Die ou Arena-app is nou in onbruik. Verwyder dit asseblief van jou toestel en lees hier hoe om 'n beter leeservaring daarsonder te hê.


Registrasie en intekening

Hoe registreer vir Vrye Weekblad?

  • Klik hier om gratis te registreer.
  • Ons sal jou 'n e-pos stuur om jou adres te bevestig.
  • As jy die nie in jou inboks kry nie, kyk in jou SPAM of JUNK.
  • Klik op die BEVESTIG MY E-POS skakel in dié e-pos.

Ek kan nie registreer, inteken of aanmeld nie. Wie kan ek kontak?

Gesels met ons by  hulp@vryeweekblad.com of op ons WhatsApp nommer: 071 170 8927

As jy geregistreer het, maar nie kan aanmeld nie, maak seker dat jy dieselfde e-posadres gebruik waarmee jy geregistreer het en dat jy die korrekte wagwoord insleutel. Jy kan ook jou wagwood hier verstel

Ek wil my naam, van, wagwoord, intekeningspakket of e-posadres verander. Wat moet ek doen?

Wanneer jy geregistreer en aangemeld het, kan jy jou naam, van en foonnommer verander op jou profiel of jou wagwoord verander. As jy nie aangemeld is nie, kan jy jou wagwood per e-pos verander.

Jy kan ook jou voorkeure vir jou nuusbriewe stel op jou profiel.

Op hoeveel toestelle kan ek my Vrye Weekblad-lees

Jy kan tot en met drie toestelle terselfdertyd gebruik op jou rekening.

Wat is cookies en hoekom het ek hulle nodig om Vrye Weekblad te gebruik?

Cookies is piepklein, skadelose lêers wat webblaaie gebruik om jou persoonlike web-voorkeure te onthou. Baie van ons dienste sal nie werk sonder cookies nie. As jy nie cookies op jou browser toelaat nie, sal sekere van die dienste en voorkeure op Vrye Weekblad glad nie vir jou werk nie.

Lees hoe om cookies te delete in Chrome, Firefox, Internet Explorer of Safari.


Nuusbriewe, kommentaar op artikels, en ons app

Hoe teken ek in op Vrye Weekblad se nuusbriewe wat per e-pos gestuur word, en hoe teken ek weer uit?

Wanneer jy gratis registreer, sal jy gevra word watter van ons nuusbriewe jy graag wil ontvang. 

My nuusbrief het nie by my uitgekom nie. Wat moet ek doen?

Kyk na die “junk mail"- of “spam"-leggers van jou e-posrekening, want jou e-posstelsel kon dalk die nuusbrief daar geplaas het. As dit gebeur het, probeer om jou e-posrekening se settings te verstel. In Gmail beland sulke e-posse soms outomaties in die “Promotions"-legger. As jy die nuusbrief glad nie ontvang het nie, laat weet ons by terugvoer@vryeweekblad.com

Hoe werk leserskommentaar onder Vrye Weekblad se artikels?

Lesers wat inteken op Vrye Weekblad kan die kommentaar-fasiliteite onder artikels gebruik indien dit beskikbaar gemaak word. Hierdie kommentaar word bestuur deur ’n betroubare diens, Disqus, wat deur baie ander webblaaie ook gebruik word.

Jou Vrye Weekblad Disqus-profiel word geskep wanneer jy op ons webblad registreer. Dit tel nie besonderhede op van enige ander Disqus-profiele wat jy mag hê nie. Jou naam en van sal by al jou opmerkings gepubliseer word. Deur ons kommentaar-fasiliteite te gebruik, stem jy in tot die reëls wat in Vrye Weekblad se kommentaarbeleid uiteengesit word.

Is daar 'n Vrye Weekblad-app?

Daar was. Maar dit is nou in onbruik. Verwyder asseblief van jou toestel. Lees hier hoe om 'n beter leeservaring te hê sonder die app. 


Redaksionele sake, probleme en advertensies

Hoe maak ek kontak met Vrye Weekblad?

Kyk na ons kontakbesonderhede vir die redaksie -- hoe om nuuswenke te stuur, 'n brief te skryf, 'n fout te rapporteer en meer. 

Wie is die redakteur van Vrye Weekblad?

Max du Preez is die hoofredakteur van Vrye Weekblad. 
Anneliese Burgess is mederedakteur.

Het Vrye Weekblad enige RSS-lyste?

Ons het ’n RSS-lys vir Vrye Weekblad. Kry die volledige inligting hier.

Hoe stuur ek ’n meningstuk aan Vrye Weekblad?

Ons publiseer nie meningstukke wat reeds aan ander titels gestuur is nie. Om ’n meningstuk vir publikasie aan te bied, is geen waarborg dat dit gepubliseer sal word nie, en ons behou die reg voor om alle meningstukke te redigeer. E-pos jou stuk na redaksie@vryeweekblad.com.

Hoe stuur ek ’n media-verklaring of ’n nuuswenk?

E-pos jou persverklaring of nuuswenk na redaksie@vryeweekblad.com. Ons nuusredaksie sal daarna kyk. Ons publiseer nie media-verklarings nie, maar oorweeg dit vir gebruik in beriggewing.

Hoe rapporteer ek ’n fout op Vrye Weekblad?

Laat ons weet as jy enige foute sien, klein of groot, sodat ons dit kan regstel. E-pos terugvoer@vryeweekblad.com, sluit die storie se skakel in, en gee ’n bondige verduideliking van die probleem.

Hoe adverteer ek in Vrye Weekblad?

Kyk na ons inligtingblad vir reklame.