Privaatheidsbeleid

Inleiding

Welkom by ons privaatheidsbeleid. Ons is die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep, registrasie nr 2022/722 222/07 en hierdie is hoe ons jou privaatheid beskerm. Ons respekteer jou privaatheid en neem die beskerming van persoonlike data baie ernstig op. Die doel van hierdie beleid is die beskrywing van ons insameling, storing, gebruik en beskerming van data wat geassosieer kan word met jou of ’n ander spesifieke natuurlike of juristiese persoon en gebruik kan word om jou of daardie persoon te identifiseer (persoonlike data).

Ons het dié beleid opgedateer om te voldoen met die Europese Unie se General Data Protection Regulation (GDPR);  Suid-Afrika se Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia); en die Google Privacy Policy.

Gehoor

Hierdie beleid is op jou van toepassing as jy:

  • ’n besoeker op ons webblad is; of
  • ’n kliënt is wat geregistreer het vir 'n diens wat ons verskaf, of dit bestel of gebruik het.

Persoonlike data

Persoonlike data sluit in:

  • sekere inligting wat ons outomaties insamel wanneer jy ons webblad besoek;
  • sekere inligting wat ingesamel word met registrasie (sien hieronder);
  • sekere inligting wat met indiening ingesamel word; en
  • opsionele inligting wat jy vrywilliglik aan ons verskaf (sien hieronder);

maar sluit uit:

  • inligting wat anoniem gemaak is sodat dit nie ’n spesifieke persoon identifiseer nie;
  • permanent ge-deïdentifiseerde inligting wat nie toepassing het of spesifiek na jou teruggespoor kan word nie;
  • nie-persoonlike statistiese inligting wat ons insamel en saamstel; en
  • inligting wat jy vrywillig in ’n oop, publieke omgewing of forum verskaf het, insluitend enige blog, chat room, community, geklassifiseerde advertensie of gespreksbord (aangesien daardie inligting in ’n openbare forum gelug is, is dit nie meer vertroulik nie en verteenwoordig dit nie persoonlike data onderworpe aan die beskerming onder hierdie beleid nie).

ALLEDAAGSE VOORBEELDE

Alledaagse voorbeelde van die tipes persoonlike data wat ons mag versamel en prosesseer sluit in:

  • jou identifiserende inligting– soos jou naam, geboortedatum, of identifikasienommer van enige aard;
  • jou kontakinligting – soos jou foonnommer of e-posadres;
  • jou adresinligting – soos jou fisiese of posadres; of
  • jou demografiese inligting – soos jou geslag of huwelikstatus.

SENSITIEWE PERSOONLIKE DATA

Afhangend van die dienste wat jy benodig, mag ons ook sensitiewe persoonlike data insamel, insluitend:

  • jou finansiële inligting– soos die besonderhede van jou bankrekening;
  • sensitiewe demografiese inligting– soos jou ras en/of etnisiteit; en
  • inligting oor jou werk – insluitend jou werkstitel en die industrie waarin jy werk.

Instemming tot hierdie beleid

Instemming word vereis

Jy moet al die bepalings van hierdie beleid aanvaar wanneer jy vir ons webblad registreer, of daarvan of van enige van ons dienste gebruik maak. As daar enige iets in die beleid is waarmee jy nie saamstem nie, mag jy nie registreer vir of gebruik maak van die webblad of van enige van ons dienste nie. Jy mag nie registreer vir of gebruik maak van die webblad of van enige van ons dienste as jy nie tot hierdie beleid instem nie.

Wetlike bevoegdheid

Jy mag nie toegang tot ons webblad kry of ons dienste bestel as jy jonger as 18 jaar is nie, of as jy nie die wetlike bevoegdheid het om ’n wetlik bindende kontrak aan te gaan nie.

Agting van instemming

Deur tot hierdie beleid in te stem, word dit geag dat jy dit gelees, verstaan en aanvaar het en ingestem het om gebonde aan al die voorwaardes daarvan te wees.

Jou verpligtinge

Jy mag slegs vir ons jou persoonlike data of inligting oor ’n ander data-onderwerp stuur waar jy toestemming het om dit te doen. Ons webblad mag jou die opsie gee om inligting te post op ’n manier wat openbaar toeganklik is en deur ander ingesamel mag word (soos deur kommentaar te lewer oor artikels). Jy is verantwoordelik vir die persoonlike data wat jy op so ’n manier post.

Veranderings

Ons mag in enige stadium die bepalings van hierdie beleid verander deur ons webblad op te dateer. Ons sal in ’n prominente plek op die webblad jou van enige veranderings in kennis stel, of jou e-pos met ’n uiteensetting van die veranderings wat ons gemaak het, en die datum aandui waarop dit laas opgedateer is. Indien jy nie tot die veranderings instem nie, moet jy ophou om die webblad of ons dienste te gebruik. Indien jy aanhou om die webblad of ons dienste te gebruik na ons jou in kennis gestel het van die verandering van die bepalings, sal die veranderde bepalings op jou van toepassing wees, en dit word geag dat jy die veranderde bepalings aanvaar het.

Data-insameling

Met registrasie

Wanneer jy op ons webblad registreer, is jy nie meer vir ons anoniem nie. Jy sal sekere persoonlike data aan ons verskaf.

Die persoonlike data sluit in:

  • jou naam en van;
  • jou e-posadres; en
  • jou gebruikersnaam en wagwoord.

Ons sal hierdie persoonlike data gebruik om jou rekening te lewer, addisionele dienste te verskaf, en inligting aan jou te lewer soos ons dink redelik en vanpas is, en vir enige ander doeleindes in hierdie beleid uiteengesit.

Met bestelling

Wanneer jy enige dienste van ons af bestel, mag jy gevra word om vrywillig addisionele inligting aan ons te verskaf (diensinligting). Die inligting mag insluit:

  • jou ID-nommer;
  • jou posadres of straatadres; en
  • jou foonnommer.

Vanaf jou browser

Inligting oor internetgebruik word outomaties deur ons ontvang en op ons server logs gestoor. Dit sluit jou internet-protokol-adres (IP adres), browsing gewoontes, kliekpatrone, weergawe van geïnstalleerde sagteware, sisteem-tipe, skerm-resolusies, kleurvermoëns, plug-ins, taalvoorkeure, cookie-voorkeure, soekterme, JavaScript toestemming, die inhoud en blaaie wat jy op die webblad besoek, en die datums en tye wat jy die webblad besoek, die paaie wat jy neem, en die tyd wat jy deurbring op webblaaie en blaaie binne die webblad (gebruiksinligting) in.

Let asseblief daarop dat webblaaie wat jy besoek het vóór jy ons webblad betreë het, persoonlike data in ’n URL mag plaas tydens jou besoek daaraan, en dat ons geen beheer oor sulke webblaaie het nie. Dienooreenkomstig mag ’n opeenvolgende webblad wat URL-inligting insamel sommige persoonlike data stoor.

Cookies

Ons webblad gebruik cookies. Om meer uit te vind oor wat cookies is, wanneer en waarom ons hulle gebruik, en hoe jy hulle kan beheer tydens jou besoek aan of gebruik van ons webblad, lees ons cookie-beleid, wat jy hier kan vind.

Web beacons

Ons webblad mag versoeke bevat vir elektroniese beelde (bekend as ’n versoek vir 'n single-pixel GIF of web beacon) wat ons is staat stel om pageviews te tel en toegang tot cookies te kry. Enige elektroniese beeld wat as deel van ’n webblad besigtig word, kan as ’n web beacon optree. Geen van jou persoonlike data word deur ons web beacons ingesamel, versamel, gemonitor of gedeel nie. Ons gebruik dit slegs om anonieme inligting oor ons webblad saam te stel.

Opsionele besonderhede

Jy mag ook vrywillig addisionele inligting aan ons verskaf (opsionele inligting). Dit sluit inhoud of produkte in wat jy besluit om op ons webblad op te laai of van af te laai, of wanneer jy vir kompetisies inskryf, gebruik maak van ons promosies, deelneem aan meningspeilings, sekere addisionele goedere of dienste bestel, of andersins die opsionele kenmerke of funksionaliteit van ons webblad gebruik.

Opneem van oproepe

Ons mag enige foonoproepe wat jy aan ons maak monitor en opneem, tensy jy ons spesifiek versoek om dit nie te doen nie.

Doel van data-insameling

Ons mag enige diensinligting, of opsionele inligting wat jy aan ons verskaf het, gebruik of prosesseer vir die doeleindes aangedui toe jy tot die verskaffing daarvan ingestem het. Prosessering sluit die insameling en openbaring van jou persoonlike data in, en die kombinasie daarvan met ander persoonlike data. Die insameling en prosessering van jou persoonlike data word in die algemeen vir verskeie doeleindes aangewend, insluitend:

  • diens-doeleindes – soos die verskaffing van ons dienste;
  • bemarkingsdoeleindes – soos die nastreef van wettige verwante bemarkingsaktiwiteite, insluitend sake-intelligensie (insluitend webblad-aktiwiteit en marknavorsing);
  • besigheidsdoeleindes – soos interne oudit, boekhouding, besigheidsbeplanning, en gesamentlike ondernemings, vervreemdings, of ander voorgestelde en werklike transaksies; en
  • regsdoeleindes – soos die hantering van eise, nakoming van regulasies, of die strewe na goeie bestuur.

Ons mag jou gebruiksinligting gebruik vir die doeleindes hierbo beskryf, en om:

  • jou inligting te onthou sodat jy dit nie weer hoef in te tik gedurende jou besoek of die volgende keer wat jy die webblad besoek nie;
  • gebruikstatistieke, soos die totale aantal besoekers en besigtigde blaaie, te monitor; en
  • jou inskrywings, inlewerings, en status in enige promosies of ander aktiwiteite verwant aan jou gebruik van die webblad te volg.

Instemming om data in te samel

Ons bekom jou instemming tot die versameling van persoonlike data:

  • in ooreenstemming met toepaslike wetgewing;
  • wanneer jy enige registrasie- of opsionele inligting aan ons verskaf.

Gebruik van data

Ons verpligtings

Ons mag jou persoonlike data gebruik om ons verpligtings teenoor jou na te kom. Dit kan insluit om koerante aan jou af te lewer, jou toestemming te gee om eksklusiewe inhoud op ons webblad te sien, of om ons diensaanbod te verbeter.

Boodskappe en mededelings

Ons mag vir jou administratiewe boodskappe en e-pos mededelings oor die webblad stuur. Ons mag jou wil inlig oor nuwe goedere en dienste waarin ons dink jy belang mag stel. Dit beteken ons mag ook in sommige gevalle boodskappe aan jou stuur wat primêr promosioneel is. Ons sal nie vir jou promosionele boodskappe stuur as jy nie gekies het om hulle te ontvang nie. Jy kan besluit om nie verdere promosionele boodskappe te ontvang nie.

Targeted content

Terwyl jy ingelog is op ons webblad, mag ons targeted advertensies en ander relevante inligting aan jou vertoon wat op jou persoonlike data gebaseer is. In ’n volkome outomatiese proses prosesseer rekenaars die persoonlike data en koppel dit met advertensies of verwante inligting. Ons deel nooit persoonlike data met enige adverteerder nie, tensy jy ons spesifiek toestemming gee om so te maak.

Adverteerders ontvang ’n verslag van die totale aantal impressions en klieks vir elke advertensie. Hulle ontvang nie persoonlike data nie. Wanneer jy kliek op ’n advertensie, mag ons ’n referring URL na die adverteerder se webblad stuur wat identifiseer dat die kliënt van ons blad af gekom het. Ons stuur nie vir adverteerders persoonlike data met die referring URL nie. Wanneer jy op die adverteerder se webblad is, daarenteen, kan die adverteerder jou persoonlike data insamel.

Bekendmaking van data

Die deel van data

Ons mag jou persoonlike data deel met:

  • ander afdelings of maatskappye binne Nuwe Vrye Weekblad Media Groep om gesamentlike inhoud en dienste te lewer, soos vir registrasie, transaksies en kliëntediens, om te help met die bespeuring en verhoeding van potensieel onwettige aksies en skendings van ons beleide, en om ons te help om besluite te neem oor ons produkte, dienste, en kommunikasie (hulle sal slegs hierdie inligting gebruik om vir jou bemarkingskommunikasie te stuur as jy hul goedere of dienste versoek het);
  • ’n affiliaat, in welke geval ons sal poog om te vereis dat die affiliaat hierdie privaatheidsbeleid sal respekteer;
  • ons gekontrakteerde goedere- of diensverskaffers wat help met die verskaffing van sekere goedere of help met dele van die uitvoering van ons besigheid, insluitend bedrogvoorkoming, skuldverhaling, bemarking, en tegnologiese dienste (ons kontrakte skryf voor dat hierdie goedere- of diensverskaffers slegs jou inligting gebruik in verband met die goedere wat hulle aan ons verskaf of die dienste wat hulle vir ons lewer, en nie tot hul eie voordeel nie);
  • kredietburo’s, om rekeninginligting te rapporteer, soos toegelaat onder wetgewing;
  • bankvennote, soos verplig deur kredietkaart-assosiasie-reëls, vir insluiting by hul lys van getermineerde handelaars (in die geval wat jy die dienste gebruik om betalings te ontvang en jy aan die vereistes voldoen);
  • sosiale-media-platforms, wanneer jy tools of funksionaliteit gebruik wat deur platforms verskaf word (soos die "recommend" of "share" knoppies); en
  • ander derde partye wat ons van relevante dienste voorsien, soos gepas.

Reguleerders

Ons mag jou persoonlike data bekendmaak soos vereis deur wetgewing of regeringsoudit.

Wetstoepassing

Ons mag persoonlike data bekendmaak indien vereis:

  • deur ’n dagvaarding of hofbevel;
  • om met enige wet te voldoen;
  • om die veiligheid van enige individu of die algemene publiek te beskerm; en
  • om die skending van ons kliënte-verhoudingsbepalings te voorkom.

Geen verkope

Ons sal nie persoonlike data verkoop nie. Geen persoonlike data sal bekendgemaak word aan enige iemand anders as in hierdie privaatheidsbeleid nie voorsien nie.

Geen linked webblaaie

Ons deel nie persoonlike data met enige webblaaie waarheen ons webblad skakel nie, tensy hulle ’n party is met wie ons toegelaat word om persoonlike data te deel, soos aangedui in hierdie beleid. Gaan asseblief hierdie webblaaie se eie privaatheidsbeleide na voordat jy jou persoonlike data met hulle deel.

Bemarkingsdoeleindes

Ons mag samevattings van statistieke (algemene inligting oor die kliënt-populasie) oor persoonlike data aan ons adverteerders of sakevennote bekendmaak.

Werknemers

Ons mag persoonlike data moet bekendmaak aan ons werknemers wat persoonlike data nodig het om hul werk te doen. Dit sluit in die toesighoudende bestuur, menslike hulpbronne, boekhouding, oudit, nakoming, informasie-tegnologie, of ander personeel. Enige van ons werknemers of personeel wat persoonlike data hanteer sou ’n nie-openbaarmakingsooreenkoms en vertroulikheidsooreenkoms geteken het.

Verandering van eienaarskap

Indien ons eienaarskap verander, of ons met ’n ander entiteit saamsmelt, deur een verkry word, of bates aan een verkoop word, mag ons ons regte tot die persoonlike data wat ons prosesseer aan ’n opvolger, koper of aparte entiteit toeken.

Ons sal die oordrag op ons webblad bekendmaak. As jy besorg is oor die migrasie van jou persoonlike data na ’n nuwe eienaar, kan jy ons versoek om al jou persoonlike data uit te vee.

Sekuriteit

Ons neem die sekuriteit van persoonlike data baie ernstig op en ons doen altyd ons beste om toepaslike wetgewing oor databeskerming na te kom. Ons hosting-maatskappy sal ons webblad host in ’n secure-server omgewing wat ’n firewall en ander gevorderde sekuriteitsmaatreëls insluit om inmenging of toegang deur buite-indringers te voorkom. Ons magtig slegs toegang tot persoonlike data vir werknemers wat dit nodig het om hul werksverpligtings uit te voer. Ons implementeer prosedures vir ramp-herstel waar toepaslik.

Akkuraat en op datum

Ons sal probeer om die persoonlike data wat ons insamel so akkuraat, volledig en op datum te hou as wat nodig is vir die doeleindes in hierdie beleid uiteengesit. Ons mag van tyd tot tyd versoek dat jy jou persoonlike data op ons webblad opdateer. Jy kan enige persoonlike data in ons besit nagaan of opdateer deur toegang tot jou aanlyn-rekening, of deur ons te e-pos of bel.

Let asseblief daarop dat, ten einde jou beter te beskerm en jou persoonlike data te bewaar, ons stappe neem om jou identiteit te verifieer voor jy toegang tot jou rekening kry, of voor ons enige regstellings aan jou persoonlike data kan maak. Tydens jou interaksie met ons het jy deurgaans die reg om persoonlike data wat verkeerd of onakkuraat is reg te stel. Dit is nie van toepassing as ons jou persoonlike data prosesseer in ons hoedanigheid as operateur of prosessor namens ’n verantwoordelike party of data-kontroleur nie.

Behouding van data

Ons sal slegs jou persoonlike data behou vir solank as wat nodig is om die doeleindes uit te voer soos eksplisiet in hierdie beleid uiteengesit, tensy:

  • behoud van die rekening vereis of gemagtig word deur die wet; of
  • jy ingestem het tot die behouding van jou data.

Sonder enige beperking op die bostaande, mag ons die volgende tipes persoonlike data stoor vir die volgende periodes:

  • rekening- en intekenaardata – 5 jaar na die mees onlangse transaksie;
  • sake-intelligensie – 36 maande;
  • opmerkings/kommentaar op artikels – die artikel se leeftyd;
  • kenmerke en voorkeure vir die webblad – die rekening se leeftyd;
  • kliëntediens-kommunikasie – 7 jaar.

Tydens die periode van behouding sal ons steeds gebind wees tot ons verpligtinge rakende nie-openbaarmaking, en ons sal nie jou persoonlike data deel of verkoop nie.

Ons mag, na ons diskresie, jou persoonlike data in fisiese of elektroniese vorm behou.

Oordrag na ’n ander land

Ons mag persoonlike data stuur of oordra na buite die land waar dit verkry is na ’n ander land en dit prosesseer in daardie land. Persoonlike data mag gestoor word op servers buite die land waarin dit ingesamel is en in ’n land waar die wette oor die beskerming van persoonlike data minder streng mag wees as die wet in die land waar dit ingesamel is nie. Jy stem daartoe in dat ons jou persoonlike data mag prosesseer in ’n ander land waar die wette oor die beskerming van persoonlike data minder streng mag wees.

Opdatering of verwydering

Jy mag besluit om die persoonlike data wat jy aan ons verskaf het te korrigeer of op te dateer, deur te kliek op die relevante menu op enige van die blaaie van ons webblad, of deur ons te bel of e-pos (sien asseblief ook verdere inligting onder Navrae).

Jy is geregtig op ’n reg om vergeet te word. Ons sal enige persoonlike data vernietig wat jy nie wil hê ons moet hê nie. As jy dit doen sal ons jou persoonlike data van ons stelsel verwyder, maar ons mag steeds sekere persoonlike data behou soos vereis of toegelaat deur die wet, insluitend:

  • waar ons geldige gronde vir die prosessering van jou persoonlike data kan wys wat jou versoek troef; of
  • waar ons jou persoonlike data prosesseer ten einde geregtiglike eise in te stel, uit te oefen of te verdedig.

Jy verstaan dat, as ons jou data van ons sisteem verwyder, ons nie in staat mag wees om voort te gaan om sommige van of al ons dienste aan jou te verskaf nie.

As jy ’n data-onderwerp van een van ons kliënte (die data-kontroleur) is, moet jy jou versoek inlewer aan die toepaslike data-kontroleur wat dan jou persoonlike data sal verwyder.

Beperking van prosessering

Jy mag versoek dat ons die gebruik van jou persoonlike data beperk. Wanneer ons jou persoonlike data beperk, behou ons die reg om dit te stoor, maar nie te gebruik nie. Jy kan mondeling of skriftelik (wat in elektroniese vorm mag wees) daarvoor vra deur die forums in hierdie beleid beskryf. Ons sal binne 30 dae op die versoek reageer.

Data portability

As jy wil hê ons moet jou data oordra van ons na ’n ander data-kontroleur, sal ons die oordrag fasiliteer. Ons sal al ons persoonlike data oordra na die data-kontroleur.

As jy ’n data-onderwerp van een van ons kliënte (die data-kontroleur) is, moet jy jou versoek vir jou persoonlike data aan die toepaslike data-kontroleur rig, wat dan jou persoonlike data sal export as ’n Microsoft Excel of CSV file.

Data breaches

Ons sal ons kliënte inlig van enige bevestigde data breaches wat geskied het. Dit is ons kliënte se verantwoordelikheid om toepaslike toesighoudende gesagsowerhede in kennis te stel van enige betrokke data-onderwerpe van die data breach.

Beperking

Ons is nie verantwoordelik, gee geen waarborg, of maak enige bewerings ten opsigte van die privaatheidsbeleide of -praktyke gekoppel aan derde-party webblaaie nie.

Navrae

As jy jou persoonlike data wil opdateer of verwyder, wil beperk hoe ons dit prosesseer, of wil veranderings maak aan die nuusbriewe en promosie-inhoud wat jy ontvang, kontak ons asseblief:

Geregistreerde gebruikers kan ook hul naam en van, asook hulle nuusbrief-voorkeure, op die webblad self verander. Wanneer jy ingeteken het, hover die muis oor die naam aan die bokant van die webblad en kliek die “Profiel” label wat verskyn (op jou selfoon, kliek op die menu bar bo-regs om die “Profiel” opsie te kry).

As enige iets in hierdie privaatheidsbeleid, of die manier waarop ons jou persoonlike data hanteer, jou bekommer of kwel, kontak asseblief ons databeskerming-beampte op een van die volgende metodes:

  •  
  • E-pos: terugvoer@vryeweekblad.com
  • Pos: Data Protection Office, Posbus 1746, Saxonwold, Johannesburg, 2132

Klagtes

As jy enige klagtes het oor die manier waarop ons jou persoonlike data hanteer, kontak asseblief ons databeskermingsbeampte soos hierbo beskryf, sodat ons dit kan uitklaar. Jy mag, nietemin, kies om ’n toesighoudende gesagsowerheid te nader, insluitend:

  • die databeskerminggesag in jou jurisdiksie, waar jy gedek word deur die Europese Unie GDPR; of
  • die Suid-Afrikaanse Inligtingsreguleerder.

Jy kan uitvind wie jou databeskerminggesag, -kommissaris of -reguleerder is deur hierdie webblad te besoek.