Zap die ou Arena-app. Kry ’n baie beter leserservaring op jou foon!

Hallo mense

Vrye Weekblad se ou Arena-app gee ons oneindige probleme omdat dit steeds aan hulle behoort.

Ons het aanvanklik gehoop dit sou naatloos aanhou werk, maar dit gee foutboodskappe, soos dat jy moet inteken (al stel ons die artikels gratis beskikbaar). Dit maak ons – en julle – mal. Ek weet!

Ons raai mense aan om eerder direk op die webwerf te lees. Jy kan dit maklik op jou foon of tablet doen sonder ’n app.

Zap só die ou Arena-app op jou foon of tablet

  • Op die meeste Android-fone hou jy jou vinger op die app-ikoon totdat jy opsies sien, en kies dan “uninstall”.
  • Op ’n iPhone hou jy jou vinger op die app-ikoon totdat jy opsies sien. Kies “delete from phone” (nie “delete from homescreen” nie, anders gaan dit aanhou amok maak op die agtergrond!).

Maak nou ’n gerieflike ‘amper-app’

Ek gaan nou verduidelik hoe jy die webwerf op jou foon se skerm stoor – dit is byna net so gerieflik soos ’n app (en om die waarheid te sê, ek hou meer daarvan, dit is vir my ’n beter leserservaring). 

Hier is hoe jy dit doen:

Gaan na vryeweekblad.com in jou webblaaier (browser).

Volg dan die onderstaande stappe om so ’n kortpad-ikoon (shortcut) op jou skerm te skep.

Android

  1. Maak Chrome oop.
  2. Tik vryeweekblad.com in.
  3. In die boonste regterkantste hoek is daar drie dotjies wat jou toegang tot ’n menu gee. Klik op “Add to homescreen”.
  4. Kies ’n naam vir jou shortcut – byvoorbeeld VWB (soms is dit nie eers nodig nie, en word die VWB-logo automaties na jou skerm gestoor, kyk maar wat word gevra).
  5. En siedaar, Chrome sal dit nou op jou foon se skerm stoor. Nou klik jy net elke keer daarop soos jy met die app sou maak om Vrye Weekblad te lees.

iPhone of iPad

  1. Gebruik Safari. Chrome sal nie werk hiervoor nie.
  2. Tik vryeweekblad.com in.
  3. Klik op die “share”-knoppie onder op jou skerm (die een met die blokkie en die pyltjie wat boontoe wys).
  4. Trek dan jou skerm na bo, totdat jy die opsie “Add to Home Screen” sien.
  5. Klik daarop, en kies ’n naam vir jou shortcut – byvoorbeeld VWB (soms is dit nie eers nodig nie, en word die VWB-logo automaties na jou skerm gestoor, kyk maar wat word gevra).
  6. En siedaar, hy is op jou foon/tablet se skerm. Byna net so eenvoudig om te gebruik soos die app.

Ek hoop dit help.

Laat weet maar indien jy nog met iets sukkel! Jy kan ’n teksboodskap stuur na ons WhatsApp-nommer by 071 170 8927 of skryf weer vir ons ons hier by hulp@vryeweekblad.com. Ons hou die twee kanale deurentyd dop en reageer sodra ons ’n kans het.

Groetnis

Anneliese Burgess
Mederedakteur