Interaktiewe, skerp, kreatiewe kinderboek

DAGBOEKSTYL

Interaktiewe, skerp, kreatiewe kinderboek

IHETTE SENEKAL bekyk die nuutste in die gewilde Lotta-reeks: Lotta is op ’n sending om die eekhorings te red.

HIERDIE is die 14de boek in die Lotta se lewe-reeks, in Afrikaans uitgegee deur Human & Rousseau. Alice Pantermüller en Daniela Kohl het die reeks oorspronklik in Duits geskryf. Die eerste boek in die Afrikaanse reeks het in 2014 verskyn en is getiteld Lotta se lewe: Konyne by dosyne.

Lotta se lewe is ’n mengsel van ’n hoofstukboek en ’n grafiese roman. Ander soortgelyke reekse in Afrikaans is die Dagboek van ’n dork-reeks (wat ook ’n meisie as hoofkarakter het) en die Dagboek van ’n Wimpy Kid-reeks (met ’n seun as hoofkarakter). Die teikenmark van Lotta se lewe is lesers tussen die ouderdomme van agt en 12 jaar. Nie dat ek my nog ooit aan ouderdomsgroeperings gesteur het nie; ek het my gate uit geniet met die lees van hierdie interaktiewe, skerp en kreatiewe boek.

Lotta Liebenberg is ’n doodgewone 12-jarige meisie. Die verhaal sentreer rondom haar daaglikse lewe, haar gesin, haar verhouding met haar vriende en skoolmaats, haar liefde vir diere en haar Indiese blokfluit – na bewering kan “’n mens alles en almal daarmee hipnotiseer”. Die verhaal word in ’n dagboekstyl aangebied en die illustrasies en tipografie vertel net soveel van die storie as die woorde. Die woorde is egter in eie reg ’n bederf – die taal is kreatief en kleurvol, propvol humor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.