Smoor vieslikheid in die kiem

DONDERDAG MET MERCY

Smoor vieslikheid in die kiem

MERCY KANNEMEYER het haar mes in vir mense wat laag daal.

Dis ’n geweldige ydele idee om die ander wang te draai, om nie te daal tot op húlle vlak nie; om die groter, beter mens te wees.

Daar is vir seker iets te sê vir hoe die meeste van ons grootgemaak is met ’n bepaalde sosiale kode waar ons nie uitgaan en sommer net PK’s uitdeel wanneer iemand ons ontstel nie. Die meeste van ons wil tog sekerlik gesien word as goeie, wetsgehoorsame, selfs godvresende vir sommige, aktiewe burgers in die breër samelewing.

Ons wil daai bure wees wat soggens en saans die mense langsaan ons groet. Ons wil ons vullis sorteer sodat die vullismanne nie hoef te sien hoeveel bottels wyn ons dié week uitgedrink het nie. Ons vegan-bure moet om hemelsnaam ook net nie sien hoeveel koeimelk ons eintlik per week verteer nie. Punt is – die meeste mense gaan nie uit en kies om drolle te wees nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.