Lappieskombers van belaglikhede, fees, lees en kuier

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

Lappieskombers van belaglikhede, fees, lees en kuier

Ons boekeredakteur bekyk die verskynsel van nuus wat skerpskerts vervang het, wonder waar ons troos lê, vind vreugde in Vrye Tyd en Boeke, en sien uit na die naderende VWB-Cullinan-boekefees.

Die dwase halsstarrigheid van ’n swyn

Vroeër was die nuus (destyds op die radio) ’n ernstige saak. My pa het ’n mens stilgemaak en die oomblik was somber en vol afwagting: Toet-toet-toet: Wêreldnuus. Toe kom TV. Soms het Riaan Cruywagen aan die einde van die bulletin ’n flou grappie gemaak of ’n snaakse greep gewys en sy droë laggie gekug, hum-hum-hum.

Nou volg ons die nuus oral: in ons palm, in ons oorfone, vensters wat opspring terwyl ons werk. Dit was nog altyd en word toenemend absurd. Ek dink die rede waarom stand-up komedie aan die uitsterf is, is nie omdat die wêreld te woke geraak het en jy nie meer mag spot met mense wat anders is nie: dis eerder omdat die werklikheid komedie verbygesteek het. Jy kan dit nie uitdink of oortref nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.