Dooies word ontroerend gedenk, maar oorlog stu voort

DINSDAG MET ANESCA SMITH

Dooies word ontroerend gedenk, maar oorlog stu voort

ANESCA SMITH wonder hoekom 'n herdenking van gesneuweldes so ontroer, maar oorlogvoering voortstu.

Werkersdag (1 Mei) is nie juis iets waarby Nederlanders stilstaan nie – daar word stug deurgewerk. Dieselfde geld vir Goeie Vrydag. Dit dra by tot die feit dat Nederland opvallend minder openbare vakansiedae as Suid-Afrika het.

As immigrant is dit een van die vele aanpassings wat jy moet maak: gewoond raak aan ’n string nuwe openbare vakansiedae in jou aangenome land. Sommige, soos Koningsdag op 27 April, is maklik – jy laat jou gewoon meesleur deur die oranje golf wat oor die land spoel, al het jy soos die meeste Nederlanders geen saak met die koningshuis nie.

Meer versoberend is 4 Mei, die Dodenherdenking van Nederlanders wat sedert die begin van die Tweede Wêreldoorlog tydens oorloë gesterf het. Dan word kranse gelê, toesprake gehou en twee minute stilte gehandhaaf op De Dam, 'n plein in Amsterdam binne loopafstand van die Anne Frank-huis. In my oë is dít die egte verbindingsdag van Nederlanders, eerder as ’n verspotte oranje-hansworsery...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.