Kom ons hoop ‘Klein Olie’ kan oorleef

WOENSDAG MET WILLEM

Kom ons hoop ‘Klein Olie’ kan oorleef

WILLEM KEMPEN wonder wat die toekoms vir die land se vulstasie-werkers inhou.

'n Mens hoor met goeie rede nie dikwels die term “geliefde oliemaatskappy" nie. Olie is 'n vuil besigheid, van die wyse waarop dit uit die grond gehaal en vervoer word tot by al die goed wat fortuinsoekers en regerings en rampokkers sal aanvang om in al die groot geld te deel.

Die meeste van ons is gelukkig genoeg om nie veel meer met die oliebedryf te doene hoef te hê as wanneer ons by “die graadj" intrek vir brandstof nie. Die name daar op die pompe vertel soms 'n deel van die storie: Texaco van Texas, Caltex van Kalifornië en Texas, “Royal Dutch" Shell van Nederland, British Petroleum, die Franse Total, ons eie Sasol. Die Amerikaanse ExxonMobil het later by ons Engen geword. Oorsee was daar die Italiaanse Agip, nou Eni. Kuwait het Q8, Maleisië het Petronas en die Saudi's het Aramco. Saam met name soos John Paul Getty en John D. Rockefeller is hulle dikwels nie ver weg as daar iewers 'n oorlog of 'n staatsgreep of 'n besoedelingsramp of selfs 'n politieke sluipmoord is nie.

Texaco sien mens lankal nie meer by ons nie; 'n Caltex is skaars. En ek weet nie of selfs die Krugerwildtuin nog 'n Total het nie. Ons het die afgelope week ook gehoor dat Shell aan Suid-Afrika gaan onttrek, minstens aan die kleinhandelkant. Sou goed gewees het as hulle liewer aan die eksplorasiekant hulle goed gevat en getrek het.....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.