Verbeel jou ’n sokkerwedstryd tussen Affies en Boishaai

BESOT MET DIE RONDE BAL

Verbeel jou ’n sokkerwedstryd tussen Affies en Boishaai

Wit Afrikaanse kinders stel al meer in sokker belang, maar Afrikaanse skole in grootliks wit woonbuurte wil dit nie aanbied nie. ALI VAN WYK dink hulle mis ’n gulde geleentheid.

EK staan op die oggend van Werkersdag, verlede Woensdag, langs ’n gemeenskaps-sokkerveld in Athlone. Die pawiljoene van die sokkerstadion in Athlone, die tuisveld van die premierliga-span, Cape Town Spurs, toring reg agter my bo ’n ry bome uit.

Ek’s hier want my seun, Thomas, is ’n verdediger in die O/16 span van Belville City Football Club wat ’n ligawedstryd speel teen Chelsea AFC. Nie die Chelsea in London in Engeland nie – sommige Suid-Afrikaanse sokkerklubs is vernoem na groot Britse klubs, soos, wel, Cape Town Spurs en die glorieryke Bloemfontein Celtic.

Ons het die oggend effens laat aangekom, aangesien ons vertraag is deur ’n vreedsame pro-Paletynse protesoptog in Klipfonteinweg, die dubbelpad deur Athlone. Vlae met swart, rooi, groen en wit het in die bries gewapper en tamboere is geslaan, blaasinstrumente is blêrrend geblaas, ’n ou met ’n swart-en-wit geruite keffiyeh, soos die kopdoek wat Yasser Arafat gedra het, sit op die dak van ’n bakkie en skree “In-ti-fa-da! In-ti-fa-da!” deur twee grys luidspreker-kelke wat weerskante van die bakkie uitsteek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.