Die peillose niet van die mafiastaat

KRIMPENDE EKONOMIE

Die peillose niet van die mafiastaat

As enigiemand nog twyfel of Suid-Afrika oor die afgrond gestort het en besig is om in die peillose niet van ’n mafiastaat te verval, moet hulle ag slaan op ’n aankondiging van Statistieke SA dié week, skryf JACQUES PAUW.

DIE Suid-Afrikaanse ekonomie het in die laaste kwartaal van 2022 met 1,3% gekrimp. Dis veel erger as wat ekonome verwag het en is ’n herhaling van die derde kwartaal van 2021 toe die Julie-onluste en die gepaardgaande plundering en brandstigting die ekonomie ’n beraamde R50 biljoen gekos het.

Op die oog af is die krimping van die ekonomie net nóg ’n lekseltjie slegte nuus, maar in werklikheid is dit ’n katastrofale tendens wat Suid-Afrikaners nóg armer, nóg meer werkloos en nóg meer uitgelewer aan misdaad gaan laat.

Statistieke SA sê die ekonomie is nou net 0,3% groter as in 2019, net voor die uitbreek van die Covid-pandemie. Maar intussen het die bevolking met 3,5% gegroei...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.