Kansellasie- en terugbetalingsbeleid

As jy jou Vrye Weekblad-intekening kanselleer, is dit slegs van toepassing op enige toekomstige betalings. Jy kan in enige stadium ons by Tel: 0860 52 52 00 of helpdesk@timeslive.co.za laat weet dat jy wil kanselleer. Die kansellasie sal dan in werking tree teen die einde van jou huidige betalingsperiode van 'n maand.

Intekenaars op 'n maandelikse herhalende pakket sal nie 'n terugbetaling ontvang vir die huidige betalingsperiode nie. Jy sal steeds volle toegang tot Vrye Weekblad en enige ander dienste hê tot aan die einde van die huidige betalingsperiode (gewoonlik die einde van die maand waarin die intekening gekanselleer is).

Intekenaars op ses- of 12-maand-pakkette (eenmalige betalings of ETFs) wat binne die eerste sewe dae van die intekening kanselleer, sal 'n terugbetaling ontvang, minus die onkoste van die deel van die intekening wat reeds gelewer is.

Ons behou die reg voor om terugbetalings te maak of krediet op 'n rekening te verskaf op grond van ons eie diskresie. As ons 'n terugbetaling maak of krediet verskaf op 'n rekening, is ons onder geen verpligting om later dieselfde terugbetaling of 'n soortgelyke terugbetaling te maak nie.

Terugbetalings kan gemaak word om die volgende redes:

  • vir dubbelbetalings of -intekeninge;
  • vir betalings wat verkeerdelik gemaak is; en
  • vir die kansellasie van 'n intekening as gevolg van die prys, toegang tot die produk, diensleweringsprobleme, siekte/dood ensovoorts.

Die volgende dokumente word benodig voor 'n terugbetaling gemaak kan word:

  • bevestiging van jou bankbesonderhede op 'n amptelike dokument wat nie ouer as drie maande is nie ('n bankstaat, 'n brief gestempel deur die bank, of 'n gekanselleerde tjek); en
  • indien die intekenaar gesterf het, 'n kopie van die doodsertifikaat en bankdetails van die boedel.

Terugbetalings word gewoonlik afgehandel binne vyf werksdae, afhangend van jou bank se verwerkingsvereistes.

Jy kan 'n terugbetaling aanvra by helpdesk@timeslive.co.za.