’n Tone-in-die-sand, cocktail-in-die-hand roman

HISTORIESE FIKSIE

’n Tone-in-die-sand, cocktail-in-die-hand roman

IHETTE SENEKAL het gehensop en haar laat meesleur deur puur ontspanningslektuur.

ALMAL wil graag glo dat hulle altyd die mees intellektuele kykstof op Netflix uitsoek, maar as ons nou eerlik met mekaar is, kan ons erken dat 'n mens soms ná 'n lang dag van konstante aanslae op brein en liggaam tóg soms soek na mindless vermaak wat nie nóg iets van jou gaan verg nie.à

Dan wend jy jou tot 'n romantiese komedie – resepmatig, voorspelbaar, veilig – of gaan loer watter sports die ton aanvang. As die noem van die ton 'n klokkie lui, is jy waarskynlik reeds bekend met Netflix-reekse soos Bridgerton en Queen Charlotte: A Bridgerton Story. Jy sal jy met gemak die wêreld van Sophie Irwin se tweede roman, A Lady’s Guide to Scandal, kan betree (met waaier in die hand en wakker oë wat soek-soek na die volgende brokkie skindernuus, verbode aanraking of 'n suggestiewe kyk).

A Lady’s Guide to Scandal speel af aan die begin van die 19de eeu. 'n Historiese romanse wat heelwat van die bande wat vroue opgelê is, uitbeeld. Natuurlik met 'n goeie skeut fiksionalisering en 'n hele ander wêreld van vervloë tye, waarin die leser kan wegraak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.