Hoe om skrywersblok te klop

RILLERS

Hoe om skrywersblok te klop

Ons boekeredakteur reken raadop skrywers stel soms die dwarslat laer of volg 'n resep noukeurig bloot om aan die skryf (en verkoop) te bly. Die produk is soos spookasem: lig, soet en vervlietend.

SOMS droog skrywers se woorde op. Ek vertaal dit direk as skrywersblok – skrywerskramp klink te lig. Dis ’n probleem wat uniek is aan mense. Bots kry nooit skrywersblok nie. Ek lees dat kunsmatige intelligensie (“machine-generated drivel”) verantwoordelik is vir tot 10% van Google-soekresultate.

Ek het ’n wonderlik vermaaklike artikel daaroor gelees op LitHub (https://lithub.com/how-to-write-egoless-prose-at-least-for-a-little-while/?utm_source=Sailthru&utm_medium=email&utm_campaign=Lit%20Hub%20Daily:%20April%2015%2C%202024&utm_term=lithub_master_list) wat ek so kan saamvat: Skrywers raak geblok omdat hulle ’n verhewe roeping voel; hulle voel dat hulle ’n belangrike boodskap het om aan die mensdom te bring, een wat niemand anders kan verwoord nie. Dis ’n reuse-verantwoordelikheid wat swaar op hulle skouers rus. Die skrywer se raad: Vergeet dit. Jy’s nie die Messias nie. Laat sak die dwarslat. Skryf net. Skrywers voel ook soms skuldig omdat hulle besef dat hulle skryf om gesien, aanvaar en geliefd te wees. Dis heeltemal oukei, sê hy, moenie hierdie dryfveer verdag maak nie – dis ’n enjin wat kreatiwiteit dryf. Skryf net.

Soms tel ek ’n boek op en merk: die skrywer het te hard probeer om volgens ’n sekere wenresep te skryf. Dis te uitgedink en slaan al die regte akkoorde. Soms lees ek ’n boek waar ek kan sien die skrywer se woorde het opgedroog, maar hulle het aanhou skryf – die dwarslat is laer gestel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.