My ‘total eclipse of the sun’ in Amerika

SONSVERDUISTERING

My ‘total eclipse of the sun’ in Amerika

Ná ’n piekniek, ’n Bonnie Tyler-oorwurmplaag, ure se opkyk en oë wat steeds brand, sit MERCIA S. BURGER ’n literêre spin op haar sonsverduistering deur van haar gunsteling-skrywers se belewenisse oor dié verskynsel te lees.

OP 8 April 2024 was ’n gedeeltelike sonsverduistering van 87% in Washington DC sigbaar. Almal hier rond het natuurlik sommer van die Great American Eclipse gepraat, al was die einste verduistering in verskeie ander lande ook sigbaar.

Mense het bymekaargekom in stadions en op bofbalbane, in begraafplase en by dakrestaurante wat drankies soos Obscura Solara’s en Bloody Mooney’s adverteer. Die Smithsonian Air and Space Museum en Nasa het die middestad van DC met kinderpartytjies, teleskope en ISO 12312-2 gesertifiseerde sonbrille oorgeneem.

Ons was lugtig vir dié skares en het besluit om die verduistering op ons agterstoep in te wag, gereed met dun sonfilterlense in kartonraambrille waardeur ’n mens net mooi niks behalwe die son kan sien nie. Rustig, weg van die gewoel van mense, vir ons eie stil oomblik. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.