Stories in die landskap

ONGEREP

Stories in die landskap

Ons boekeredakteur het twee boeke gelees waarin die natuur 'n groot rol speel, soos in boeke van ouds, wat landelik, idillies en pastoraal was.

DIE boeke wat ek op universiteit vir Engels moes lees, was altyd so dik soos deurdrumpels, met dun blaaie en ’n klein font. Bladsye en bladsye is afgestaan aan beskrywings van die natuur, die doek waarteen die karakters lewe en handel – die veld waarin die stomme Tess van die D’Urbervilles werk toe stap, die wilde moors van die Brontës, en die rododendrons en rivier van Rebecca.

My gevoel is: Vandag het ons net nie meer tyd vir sulke ongebreidelde natuurbeskrywings nie. Vertel die storie; jou lesers se aandagspan is kort en daar is vele onderbrekings: selfoon, rekenaar, TV en mikrogolf wat pieng.

En tog, soms, slaag ’n skrywer daarin om die landskap te laat lewe en een van die karakters te maak. Dan word jou sinne gestreel en die onrus in jou gekalmeer – dis asof jy tyd in die natuur deurgebring het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.