Sommige Afrikaanses het vleis geëet, ander is vis gegee

DIE VOLK IS AAN DIE PRAAT

Sommige Afrikaanses het vleis geëet, ander is vis gegee

Ek is nie ’n Afrikaner nie. Ek is ’n 29-jarige bruin Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner. So, hierdie Afrikanerverdrag is vir seker nie vir my nie, skryf MERCY KANNEYMEYER. Waarom gee ek dan om?

DIE Afrikanerverdrag wat op Sondag 21 April verskyn het, is nou al wyd en syd bespreek. Afrikaanse en Engelse media het daaroor berig. Die volk is aan die praat! En dít is great. Wat dit great maak, is dat mense regdeur die bank óf geweldig opgewonde hieroor is, óf dit totaal en al haat (oef, sterk woord, kom ek sê eerder, bevraagteken).

Daar is wit mense wat nie as Afrikaners identifiseer nie, wat sê dat hierdie Afrikanerverdrag nie namens hulle moet praat nie. Lekker. Terwyl ek nie ten volle onse redakteur Max se opgewondenheid deel oor dié saak soos in sy Maandagbrief (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2024-04-22-die-afrikaner-verklaring-vt-daai-hand/) beskryf, kan ek darem erken dat dit goed is dat ons weer gesonde diskoers voer. Veral so voor die verkiesing. En ek gaan aan die hand van ’n padlangse repliek verduidelik hoekom ek maar albei wenkbroue gelig hou vir die besigheid.

Nou laat ek maar myself eers identifiseer voordat ek verder praat. Ek is nie ’n Afrikaner nie. Ek is ’n 29-jarige bruin Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner. So, hierdie verdrag is vir seker nie vir my nie. Waarom gee ek dan om? Ek gee om omdat ek wil sien hoe ons gesamentlik aan hierdie land bou. En, terwyl ons bou, moet ons dit teen die agtergrond van ons verlede doen. In hierdie agtergrond moet ons uber-eerlik wees oor diegene wat vleis gevoer is, en diegene wat die vis gegee is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.