Oor Afrikaners en hul vreemde behoefte aan verdrae

TUSSEN AFRIKAAN EN AFRIKANER

Oor Afrikaners en hul vreemde behoefte aan verdrae

PIET CROUCAMP wonder wat sit agter die jongste poging van sekere wit Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners om hul wens te verklaar om in die land van hul herkoms te bly - teenoor die ANC, die mense wat die res van die land uit die kussings probeer lig.

DIE afgelope paar dae het joernaliste my byna onophoudelik geskakel oor 'n groep Afrikaners wat 'n openbare verklaring uitgereik het dat hulle “hier is om te bly”, in Suid-Afrika, Afrika. Hulle wil die ANC-regering se hand vat en help om die land 'n beter plek te maak. In ruil soek hulle beskerming vir hulle eie kultuurhistoriese identiteit.

Ek word ingelig dat bruin Afrikaanssprekende leiers nie werklik bereid was om deel te neem nie. Ek wonder of die afwesigheid van 'n taalnasionalisme hulle Afrikaanssprekendes “of a special kind” gemaak het.

Ek is op 'n sloertoer na die Wes-Kaap en sit in Evert Opstal, nie ver van Durbanville, 'n restaurant wat die keurigste ontbyte aan hoër sosio-ekonomiese Kapenaars bedien. Ek wag vir 'n aanlyn-mediagesprek oor die Afrikanerverklaring met Jan Bosman van die Afrikanerbond en die ekonoom Jannie Rossouw om te begin. Die gesprek onder leiding van Jannie Pelser van Radio Kansel sou uiteindelik plek-plek dreig om te ontspoor, maar dit is hoe ons Afrikaners is wanneer ons nie plesierig is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.