Portret | Morsig maar stewig: die Staat versus Donald Trump

DIE AMERIKAANSE HOFSTELSEL

Portret | Morsig maar stewig: die Staat versus Donald Trump

WILLEM KEMPEN is bevrees mens sal dalk nog steeds nie al die vervolgings teen Donald Trump behoorlik verstaan net omdat jy oor die jare alles van Petrocelli tot Harvey Specter in Suits op TV gevolg het nie.

DIE chaotiese prentjie wat mens soms op televisie of in flieks van die Amerikaanse regstelsel en howe kry, is nie heeltemal verkeerd nie. Dis waarskynlik onvermydelik in 'n federale opset waar die wet gereeld verskil van die een deelstaat na die volgende, of waar dit soms maande of jare vat om te besluit wie oor 'n saak mag beslis. Die aanstelling van staatsaanklaers en regters is net so morsig; sommige word verkies, ander word deur die president van die land aangewys en kan teoreties lewenslank in daardie pos aanbly, met gevolge wat nog vir dekades daarna gevoel kan word.

Maar dis darem ook nie waar dat elke derde Amerikaanse hofsaak oor een of ander verspotte eis vir skadevergoeding gaan nie, of dat prokureurs die meeste van hulle tyd bestee deur teen alles wat die ander kant doen te “Objection, Your Honor!" nie.

Die VSA is 'n regstaat, dit wil sê een waar die wet van die land die oppergesag is, nie die staat of die regering of 'n kerk of 'n monargie of 'n gierige kompanjie of 'n shyster van 'n eiendomsontwikkelaar van New York nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.