’n Krismisboks vol boeke – vir een van julle

BULLETIN

’n Krismisboks vol boeke – vir een van julle

NUUSBULLETIN: 15 DESEMBER 2020

Goeiemôre

In ons familie was Kersfees die groot gebeurtenis van die jaar. Mekaar se verjaarsdae vergeet ons maklik, maar die einde-van-die-jaar-ritueel op die plaas het ek nog net twee keer in my 52 jaar gemis toe ek my ouma in Duitsland moes gaan oppas in die jare wat sy nie meer na ons toe kon kom nie.

Ons volg steeds elke jaar min of meer dieselfde rituele. Die eenvoudige Duitse ete van bockwurst met skerp mosterd, aartappelslaai en gepiekelde haring in room (daar is nou ook 'n ham vir die aangetroudes wat nie so baie van die haringsmaak hou nie). Die regte Kersboom wat ons as kinders saam met my pa gaan afkap het in die boord wat spesifiek daarvoor geplant is. Nou doen die kleinkinders dit onder leiding van een van die ooms. Daar was die regte kerse op die boom in aanknipblakertjies wat my ouma uit Duitsland gestuur het en die strooi-sterre wat nou al 50 jaar lank elke jaar sorgvuldig tussen die blaaie van 'n ou tydskrif uitgehaal word om die boom te versier...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.