Die verskil tussen hoop en optimisme

MAANDAG MET MAX

Die verskil tussen hoop en optimisme

Hy is nie vreeslik optimisties oor Suid-Afrika ná 29 Mei 2024 nie, skryf MAX DU PREEZ, maar hy is beslis hoopvol dat Suid-Afrikaners sal optree om dinge beter te maak.

Die meeste van ons se emosies oor die stand van ons land, en dus ons en ons kinders se toekoms, ry wipplank. Aitsa, dis nou mos goeie nuus. Ag nee man, wat gaan nou aan? Die donnerse Zuma en sy skelms. Lekker nuwe daeraad, go Cyril! Liewe hel, maar julle kan droogmaak. Haai, kyk na dié sonstraaltjie, daai groen loot. Lekker Bokke, viva Siya! Nee wat, ons is heel in ons moer, ek hoop my kind het 'n granny flat vir ons in sy Perth-agterplaas. En so aan.

'n Deel van my taak is om weerhaan te speel. Om te wys watter kant die wind waai, wanneer is daar 'n windstilte of 'n orkaan. Maar ek is ook maar mens; politieke skrywer, maar ook burger van Suid-Afrika. Ek is nie immuun teen wipplank ry nie.

Die aanloop tot die naweek se 30ste herdenking van ons bevrydingsverkiesing het my egter gedwing om verby die politieke gesigte, die opskrifte, kragonderbrekings, slaggate en geraas te dink. Dit het my soos 'n drone laat opstyg en die groter prentjie help sien...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.