Wag Wilgenhof se einde op 24 Junie?

DONDERDAG MET LAUREEN

Wag Wilgenhof se einde op 24 Junie?

LAUREEN ROSSOUW is pas terug uit Milaan en Bologna waar sy en Anneliese Burgess vir twee weke Vrye Weekblad se Italiaanse aanlyn kantoor bedryf het. En die nuus oor Die Huis is een van die sewe dinge wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet

1. Prof. Wim de Villiers gaan by die raad van die Universiteit Stellenbosch aanbeveel dat die manskoshuis Wilgenhof gesluit word en dat alternatiewe gebruike vir die gebou oorweeg moet word. Só 'n stap is die belangrikste aanbeveling van die paneel wat die omstrede kamers in Wilgenhof ondersoek het. Die raad gaan die aanbeveling op 24 Junie oorweeg, het Netwerk24 berig.

Ons sê: Sjo, dié nuus het gisteraand hard geslaan hier by VWB, waar dit wemel van die oud-Maties. 'n Dapper nuwe toekoms wag, sê een. Onnodig moeilikheid soek, sê 'n ander. Nog iemand waarsku dit lyk soos 'n oorlogsverklaring teen een koshuis onder 'n klomp probleemgevalle, en dat Wilgenhoffers waarskynlik só daarop gaan reageer ook. En, wonder almal, hoe gaan groot US-donateurs soos GT Ferreira, Christo Wiese en Whitey Basson op die nuus reageer?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.