Naspers verloën die ink in sy are

MAANDAG MET MAX

Naspers verloën die ink in sy are

MAX DU PREEZ is nostalgies oor papierkoerante en hoop dat aanlyn publikasies goeie joernalistiek lewendig sal hou. Dan is daar weer sewe goed wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet

1. Springbok-ondersteuners verwag binne ure die aankondiging van die Bok-oefengroep vir twee tuistoetse teen Ierland op 6 en 13 Julie, en teen Portugal in die week daarna. ’n Groep van tussen 35 en 40 spelers sal aangekondig word en name van terugkerende oorsese spelers soos Siya Kolisi, Steven Kitshoff, Cobus Reinach en Trevor Nyakane word verwag, dié van beseerde spelers soos Lukhanyo Am, Damian Willemse en Willie le Roux, asook Bulle wat die naweek in die VRK-eindstryd gespeel het, soos Kurt-Lee Arendse en Cameron Hanekom.

2. Agt Palestyne is gister naby Gaza-stad dood in ’n Israeliese lugaanval op ’n opleidingskollege wat vir die verspreiding van noodleniging gebruik word. Israeliese tenks is intussen besig om die suidelike stad Rafah binne te val. Die kollege word deur die VN se Palestynse vlugtelingorganisasie UNRWA bedryf, wat hulp aan ontwortelde Palestynse families verskaf. Juliette Touma, die UNRWA se kommunikasiehoof, sê 190 van hulle geboue is al aangeval en 193 UNRWA-personeellede is al in die konflik dood...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.